Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wat het ek verkeerd gedoen, vra Zuma

Oudpres. Jacob Zuma weet nie wat hy verkeerd gedoen het nie en dit sal “groot verwoesting” in Suid-Afrika saai, indien die voormalige staatshoof gedwing word om tronk toe te gaan.

So het Zuma Saterdag gesê, terwyl hy ook vir sy ondersteuners en tradisionele Zoeloe-impi’s by Nkandla gesê het hy weet nie wat hy verkeerd gedoen het nie.

Zuma sal na verwagting die land vanaand om 18:00 toespreek.

eNCA berig Zuma het gesê hy is ook nie ingelig oor wat hy verkeerd gedoen het nie.

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Gallo Images

eNCA het ’n eksklusiewe video van Zuma se uitspraak, wat hy in Zoeloe gelewer het, uitgesaai.

Zuma is tot Sondag gegee om hom aan die owerhede oor te gee sodat sy 15 maande tronkstraf in die Westville-tronk in KwaZulu-Natal kan begin nadat die konstitusionele hof hom hierdie week aan minagting van die hof skuldig bevind het.

Zuma se regspan het verskeie hofgedinge by die konstitusionele hof en die hooggeregshof in Pietermaritzburg ingedien om te keer dat hy sy tronkstraf moet begin.

“Al wat hulle (die konstitusionele hof) gedoen het, was om iets wat ek polities gesê het, te interpreteer. Hulle het ook politiek gepraat. Maar my prokureurs het gesê dat hulle aan die konstitusionele hof sal skryf en sê dat die vonnis nie reg is nie. Ek weet nie waar dit sal eindig nie,” het Zuma gesê.

“Dinge sal moeilik word as hulle my dwing om tronkstraf uit te dien as ek niks verkeerd gedoen het nie. Kan julle julle verbeel om my te sien tronk toe gaan? Dit wys vir my dat diegene wat die landswette bestuur, en selfs die land se leiers, nie verstaan wat dit beteken om te regeer nie. Jy misbruik nie jou magte nie omdat dit groot verwoesting in die land kan veroorsaak.

“Julle onthou toe hierdie Zondo-kommissie gestig is, het ek hulle gesê dat dit in trane gaan opeindig omdat hulle iets doen wat nie reg is nie. Geen land het nog ooit sy eie regering ondersoek nie. Nie een nie. As jy dit doen, beteken dit jy weet nie wat dit beteken om te regeer nie. Elke land het geheime. Jy kan ook nie mense kwaad maak deur die gereg as verskoning te gebruik nie.

“Ek dink julle (Suid-Afrikaners) se verontwaardiging en ondersteuning is baie belangrik,” het hy bygevoeg.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Tronkstraf  |  Nkandla  |  Hof  |  Konstitusionele Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.