Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wat Ntombela nié in provinsiale rede gaan sê

Die byna R4 miljoen wat aan die Vrystaatse provinsiale rede bestee word, is ’n skandelike vermorsing, sê dr. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer.

Hy en James Letuka, DA-lid van die wetgewer, het gepraat op ’n alternatiewe provinsiale rede deur die DA.

James Letuka, DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, en dr. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die wetgewer.Foto: Mlungisi Louw

Sisi Ntombela, premier van die Vrystaat, lewer Dinsdag haar provinsiale rede. Die Zondo-kommissie begin terselfdertyd met sy ondersoek na staatskaping in die Vrystaat in die tyd dat Ace Magashule premier van dié provinsie was.

“Ons twyfel of Ntombela iets sal sê oor die meer as R334 miljoen wat die Vrystaatse departement van landbou in die Estina-bankrekening vir die Vredesuiwelprojek oorbetaal het, waarna dit na die Bank of Baroda in Indië oorbetaal is.”

Hulle twyfel ook of sy iets sal sê oor die sowat R120 miljoen wat aan die Ramkraalprojek bestee is om vir die Vrystaatse wetgewer ’n nuwe gebou op te rig sonder dat ’n steen gelê is, óf oor die beweerde bedrog met die Vogelfontein-behuisingsprojek by Bethlehem.

Hulle sê die nalatenskap van Magashule in die dekade wat die Vrystaat gekaap is, word gekenmerk deur korrupsie-skandale waardeur die Vrystaat “drooggemelk” is.

In Magashule se termyn is ’n groot klomp Vrystaatse munisipaliteite wat misluk het om basiese dienste te lewer onder administrasie geplaas.

Kleinsakeondernemings en entrepreneurs kan nie ondernemings laat groei om ’n beduidende bydrae tot die ekonomie te lewer nie.

“Gevolglik word sakeondernemings in veral Qwaqwa, Botshabelo en Thaba Nchu genoop om hul deure te sluit weens ’n gebrek aan regeringshulp en ’n verlammende omgewing waarin geen ekonomiese geleenthede geskep word nie.”

Die Vrystaat is ’n landbouprovinsie, maar hy voer al sy landbouprodukte uit en koop geprosesseerde landbouprodukte terug. Meer landbouprodukte moet in die Vrystaat self geprosesseer en uitgevoer word. Daarin lê groot potensiaal vir ekonomiese oplewing.

“Die ANC se voorgestelde wysiging van art. 25 van die Grondwet om voorsiening te maak vir die vat van plase sonder vergoeding is net om die aandag van die ANC se mislukte grondhervormingsprosesse af te trek. As dit toegepas word, sal dit ’n vernietigende uitwerking op die provinsie hê.”

Omdat die Vrystaat ’n miljoen mense het wat van maatskaplike toelaes afhanklik is, is die miljoene wat aan die provinsiale rede bestee word, absurd.

Die DA is wel ten gunste van gesonde grondhervormingsprosesse.

Jankielsohn sê die provinsiale rede van Dinsdag sal waarskynlik Ntombela se swanesang wees omdat sy ná die komende verkiesing waarskynlik nie meer premier sal wees nie.

“Omdat die Vrystaat ’n miljoen mense het wat van maatskaplike toelaes afhanklik is, is die miljoene wat aan die provinsiale rede bestee word, absurd.”

Letuka sê die Vrystaatse gesondheidstelsel is op die rand van ineenstorting en is ’n simbool van korrupsie wat deur die mislukte ANC veroorsaak is.

Groot tekorte aan spesialiste en kritieke poste in gesondheid bestaan, maar dit word nie gevul nie.

Meer oor:  Anc  |  Da  |  Sisi Ntombela  |  Roy Jankielsohn  |  Vrystaat  |  Dienslewering  |  Provinsiale Rede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.