Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Water gaan nog groter kwessie as grond raak’

In landboukringe word gevrees water kan in die toekoms nog ’n groter tameletjie as grondhervorming in Suid-Afrika word – onder meer omdat daar nie behoorlike bestuur van die waterbronne is nie.

Woensdag het die landbou-organisasie Agri SA en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Waterverbruikerverenigings (SAAFWUA) ’n nuwe memorandum van verstandhouding onderteken.

Die samevloei van die Oranje- en Vaalrivier naby Douglas in die Noord-Kaap. Foto: Sarel van der Walt

Die twee organisasies werk al lankal saam om waterhulpbronbestuur in die land te bevorder.

Die departement van water en sanitasie, opvangsgebied-bestuursagentskappe en waterverbruikersverenigings speel almal ’n rol in die bestuur van waterhulpbronne.

Agri SA en SAAFWUA sê in ’n gesamentlike verklaring hulle is albei ten gunste van die stigting van ten volle verteenwoordigende en doeltreffende plaaslike waterhulpbronbestuurskomitees wat water doeltreffend en koste-effektief aan individuele wettige waterverbruikers voorsien.

Die twee organisasies sal saamwerk om hierdie komitees te help om die kapasiteit van kommersiële en opkomende boere te verbeter en só seker te maak water word doeltreffend aangewend.

“Soos met grond is kwessies oor die transformasie van waterverbruik van uiterse belang vir boere in Suid-Afrika,” sê Wayman Kritzinger, voorsitter van Agri SA se natuurlike hulpbronne-sentrum.

“Dit is belangriker vandag as ooit tevore dat gesonde, bewys-gegronde beleid die regering se besluitneming rig waar dit by water kom.”

Die departement van water en sanitasie word tans lamgelê deur ’n tekort aan tegniese vaardighede, ’n geldtekort en ’n tekort aan mensehulpbronne.

Dit lei daartoe dat water-infrastruktuur en die gehalte van water agteruitgaan en die departement nie meer behoorlike waterbestuur kan doen nie.

Meer oor:  Agri Sa  |  Droogte  |  Waterkrisis  |  Grondkwessie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.