SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Politiek
Water: Nuwe meesterplan onthul

Die nuwe meesterplan vir water is op beleid gegrond wat in die verlede suksesvol was.

Lindiwe Sisulu. minister van water, sanitasie en menslike nedersettings, Donderdagoggend in Pretoria besig om die nuwe meesterplan vir water bekend te stel. Foto: Sarel van der Walt

So het Lindiwe Sisulu, minister van water, sanitasie en menslike nedersettings, Donderdagoggend in Pretoria by die bekendstelling van die meesterplan gesê.

“Die meesterplan is ’n plan van aksie vir die water-en-sanitasie-sektor, maar hoofsaaklik ’n plan vir die land,” sê Sisulu.

Sy wys daarop dat die vraag na water in dié baie droë land in die volgende sowat tien jaar met 17% sal styg.

In hierdie stadium het sowat 3 miljoen Suid-Afrikaners nie toegang tot basiese waterdienste nie, terwyl 64% van huishoudings in die land tot betroubare watervoorsiening toegang het.

Met die nuwe plan word daar gehoop om die kwantiteit sowel as kwaliteit van water te verbeter, sê Sisulu.

“Dit is belangrik dat ons ons aandag op die waterbronne en die instandhouding van ons bestaande infrastruktuur fokus, ons waterbronne beskerm en seker maak ons voed ons mense op om beter om te sien na ons waterbronne, om reënwater op te vang en om om te gee vir die omgewing.”

Sisulu sê as Suid-Afrika beleggings na die land wil lok, moet hy seker maak sy waterinfrastruktuur is op standaard.

Patricia de Lille, minister van openbare werke, wie se departement vir die instandhouding van infrastruktuur verantwoordelik is, het in haar toespraak gesê mense moenie eers begin om water te spaar wanneer ’n droogte reeds heers nie.

“Om bloot meer damme te bou sal nie help nie,” sê De Lille.

“Ons houding jeens water moet verander en ek glo met die nuwe meesterplan is ons op die regte pad.”

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting oor die water-meesterplan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.