Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Watter Suid-Afrikaners? – ‘Dis DA se werk om so op te tree’

“Dis nie verbasend om te sien hoe die DA tans optree nie. Dit is wat van hom verwag word. Hy is die opposisieparty.”

So sê die politieke ontleder Levy Ndou, wat by navraag ook aan Netwerk24 gesê het mense moet verwag dat die regering foute gaan maak, want hy probeer sy weg vind in onbekende terrein wat betref die Covid-19-pandemie.

“Foute gaan gemaak word, want dit is die eerste keer wat ons met so ’n pandemie te doen het. Niemand het ervaring oor hoe om dit te hanteer nie.”

Hy sê mense moet ook erken die regering word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie geloof vir die wyse waarop hy die krisis hanteer.

“Met alles inaggenome, gaan daar vanselfsprekend gapings wees wat diegene van die opposisie gaan identifiseer.”

John Steenhuisen, tussentydse DA-leier, was Vrydag steeds hewig onder skoot op Twitter vir sy hantering van ’n onderhoud op SABC.

Die aanbieder Flo Letoaba het hom herhaaldelik gevra namens wie hy praat as hy sê Suid-Afrikaners smeek vir duidelikheid oor die pad vorentoe wat die nasionale inperking betref.

Die DA daag ook van die regulasies in die hof uit en meen veral die verbod op aanlyn aankope, beperkings op oefening in die openbaar en die aandklokreël is irrasioneel.

Letoaba wou egter weet met watter Suid-Afrikaners Steenhuisen gepraat het om tot die slotsom te kom.

Hy het teruggekap en gesê hy praat met mense op Twitter en die party ontvang ook navrae en korrespondensie.

Hy het herhaaldelik gevra of Letoaba dan ’n lys van name wil hê en haar beskuldig dat sy ’n ondersteuner van pres. Cyril Ramaphosa is.

Die hutswoorde “WhichSouthAfricans” is sedertdien ’n groot besprekingspunt op Twitter.

tweet 1 steenhuisen
tweet 2 steenhuisen
tweet 3 steenhuisen

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand in sy toespraak, wat regstreeks uitgesaai is, erken die regering was in sommige gevalle onduidelik, het homself weerspreek en die beperkings is nie behoorlik verduidelik nie.

Die politieke ontleder dr. Ralph Mathekga meen die regering kon ’n beter kommunikasiestrategie aan die dag gelê het.

“Die groot kwessie is die regering se houding. Dit wil voorkom of hy ’n eensydige en hardnekkige benadering oor baie dinge het. Dit kon beter gedoen word met meer konsultasie en insette van ander partye.

“Die aanvanklike benadering was kragdadig en dit gaan altyd boemerang met die gevolg dat mense die regulasies bevraagteken.”

Met verwysing na die debakel oor sigaretverkope wat eers toegelaat is ingevolge vlak 4 en toe weer verban is, het Mathekga gesê die “kommunikasie was kommerwekkend”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.