Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Weermag het nie ingemeng toe Zuma bedank’

Die militêre bestuursraad ontken enige politieke inmenging die aand toe oudpres. Jacob Zuma in Februarie bedank het. Die Weermag meng hom ook nie in by die Grondwet van die land nie, het die raad Maandag in ’n verklaring gesê.

Hy het ook gevra dat mense die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) respekteer en nie die vals inligting glo wat versprei word nie.

Genl. Solly Shoke, hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW). Foto: Daily Sun

Dit kom ná ’n berig in City Press Sondag dat oproer van weermaglede afgeweer is die aand van Zuma se bedanking.

Volgens die koerant het ingeligtes in veiligheidsdepartemente en die ANC-bestuur gesê militêre intelligensie het inligting gekry van ’n moontlike opstand deur soldate wat voorheen lede van die ANC se Umkhonto weSizwe was.

Pres. Cyril Ramaphosa, toe nog president van die ANC en adjunkpresident, is glo gewaarsku om die konflik met Zuma op te los omdat dit tot onstabiliteit sou lei as dit voortgaan.

Senior belanghebbendes sê die weermag is lojaal aan die Grondwet en die hoof van die weermag, genl. Solly Shoke.

Luidens Maandag se verklaring het die koerant “doelbewus verkeerde inligting bekend gemaak” en die raad beskou dit as ’n poging om “die mense te laat twyfel in die weermag en sy politieke volwassenheid”.

Volgens die raad het die weermag in 24 jaar nog nooit die Grondwet ondermyn nie.

Die raad verwerp pogings deur onbekende bronne wat probeer sê die weermag ken nie sy plek in ’n demokratiese bedeling nie.

“Die bestuursraad, asook genl. Shoke, ontken die beweringe deur onbekende bronne ten sterkste,” lui die verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.