Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wees geduldig met Zuma – ANC

Ondanks die lasbrief wat vir sy inhegtenisneming uitgereik is, het die ANC Suid-Afrikaners aangeraai om “geduldig” te wees met oudpres. Jacob Zuma en hom toe te laat om die kwessie op te los wanneer sy korrupsieverhoor in Mei hervat word.

Die regerende party het Woensdag gereageer op die hooggeregshof in Pietermaritzburg se opdrag dat Zuma in hegtenis geneem word indien hy nie vir sy volgende hofverskyning opdaag nie.

Zuma se siekbrief

Zuma het Dinsdag ’n doktersbrief laat inhandig toe hy vir die voorverhoor in die korrupsie saak moes verskyn. ’n “Mediese toestand” is as rede in die siekbrief vir Zuma se afwesigheid aangevoer.

“Die ANC doen ’n beroep op die publiek om geduld aan die dag te lê en oudpres. Jacob Zuma en die howe toe te laat om die saak te hanteer wanneer dit op 6 Mei hervat word,” het die ANC in ’n mediaverklaring gesê.

Zuma se prokureur, Daniel Mantsha, het aan die hof gesê sy kliënt se gesondheid verhoed hom om die sitting by te woon.

Mantsha het toe ’n doktersbrief, wat hy as ’n mediese sertifikaat van die militêre hospitaal bestempel, namens Zuma ingehandig.

Adv. Billy Downer, senior staatsaanklaer, het egter aangevoer dat die doktersbrief as “hoorsêgetuienis” hanteer behoort te word.

Regter Dhaya Pillay het aan Mantsha gesê sy kan sien dat daar aan die sertifikaat “verander” is.

Die ANC het egter in sy verklaring gesê dat Zuma “’n wetsgehoorsame burger is wat nog die heeltyd die howe respekteer en homself ondanks sy statuur aan die geregtelike proses onderwerp het".

"Wanneer hy ook al gevra is, het hy deurlopend met wetstoepassers saamgewerk.”

Zuma staan tereg op ’n aanklag van afpersing, twee aanklagte van korrupsie, een van geldwassery en 12 aanklagte van bedrog omdat hy na bewering omkoopgeld van Schabir Shaik, sy voormalige finansiële raadgewer, van Thales ontvang het.

Mantsha het ook voorheen aan die kommissie van ondersoek na staatskaping gesê dat Zuma te siek is om in Maart voor adjunkhoofregter Raymond Zondo te verskyn.

Meer oor:  Siektebrief  |  Lasbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.