Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wenkbroue lig oor kabinetskommeling in Oos-Kaap
Nqaba Bhanga, Oos-Kaapse DA-leier, praat Vrydag op ’n mediakonferensie in Port Elizabeth oor die premier, Phumulo Masualle, se onlangse kabinetskommeling. Foto: Lulama Zenzile

Phumulo Masualle, premier van die Oos-Kaap, het met sy kabinetskommeling Donderdag ontslae geraak van die LUR’e wat goed presteer en diegene behou wat swak vaar, sê Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap.

Hy het Vrydag op ’n nuuskonferensie gepraat oor dié kabinetskommeling, blykbaar onder druk van die nasionale uitvoerende komitee en weens nuwe politieke diskoers, Donderdagmiddag waarin vier LUR’e, Sakhumzi Somyo (ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme), Nancy Sihlwayi (maatskaplike ontwikkeling), Thandiswa Marawu (openbare werke) en Mlibo Qoboshiyane (landelike ontwikkeling en grondhervorming), afgedank is.

Masualle het Oscar Mabuyane, Oos-Kaapse ANC-voorsitter, aangestel in Somyo se plek, terwyl Pemmy Majodina, voorheen LUR vir sport, ontspanning, kuns en kultuur, na openbare werke geskuif is.

Helen Sauls-August, voorheen LUR vir menslike nedersettings, skuif na gesondheid en haar plek word deur Mlungisi Mvoko ingeneem. Xolile Nqatha is die nuwe LUR vir landelike ontwikkeling en grondhervorming en dr. Pumza Dyantyi vir maatskaplike ontwikkeling. Sport, ontspanning, kuns en kultuur se nuwe LUR is Bulelwa Tunyiswa.

Bhanga sê veral Qoboshiyane, Somyo en Sihlwayi het baie hard gewerk en hulle is verbaas dat die ANC verkies het om die onderpresterende LUR’e te behou.

“Die toestand van onderwys in ons provinsie is die ergste nóg. Die uitslae wek kommer, maar ons sit met ’n LUR vir onderwys wat ons mense gefaal het,” het Bhanga gesê met verwysing na Mandla Makupula, wat sy pos behou het. Daarby is die LUR vir grond afgedank, terwyl sy werk duidelik te sien was.

Ná ernstige introspeksie het die behoefte vir ’n kabinetskommeling om dienslewering te verbeter, noodsaaklik geword.

Volgens Bhanga is hulle egter baie bly oor Sauls-August se skuif na ’n ander departement omdat sy as LUR vir menslike nedersettings oor ’n tydperk van vyf jaar “nooit een vergadering waar alle LUR’e in Suid-Afrika bymekaarkom, bygewoon het nie.”

Die EFF in die Oos-Kaap sê in ’n verklaring hy vind dit lagwekkend dat die ANC probeer sê dié skommeling is weens ’n nuwe politieke diskoers.

“Dis ’n klap in die gesig dat dienslewering aan ons mense deur ‘nuwe politieke diskoers’ bepaal word. Dis uiters belaglik dat politieke diskoers verandering in ons departemente meebring en nie prestasie nie.”

Die verklaring lui verder dat Makupula, die “LUR wat die slegste presteer”, steeds in ’n posisie is waarvoor hy nie bekwaam is nie.

Die ANC in die Oos-Kaap het egter in ’n verklaring die skuiwe verwelkom.

“Ná ernstige introspeksie het die behoefte vir ’n kabinetskommeling om dienslewering te verbeter, noodsaaklik geword,” lui die verklaring.

Meer oor:  Da  |  Nqaba Bhanga  |  Phumulo Masualle  |  Oos-Kaap  |  Kabinetskommeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.