Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wêreldleiers op pad om te praat oor NGV

’n Groep wêreldleiers bekend as die “ouer garde” sal na verwagting Dinsdag in Suid-Afrika aankom om die instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) met pres. Cyril Ramaphosa te bespreek.

Luidens ’n mediaverklaring wat die presidensie uitgereik het, sal Ramaphosa met die groep leiers praat oor die NGV se finansieringstelsel wat daarop gemik is om te verseker dat alle Suid-Afrikaanse burgers toegang het tot noodsaaklike gesondheidsorg, ongeag hul inkomste.

Die groep sluit onder andere in die menseregte-aktivis en Nelson Mandela se weduwee, Graça Machel, asook Gro Harlem Brundtland, die voormalige premier van Noorweë.

“Die Wêreldgesondheidsorganisasie definieer omvattende gesondheidsorg as iets wat alle mense en gemeenskappe toegang gee tot voldoende en doeltreffende dienste wat hul gesondheid kan verbeter, siektes voorkom en genees, toestande kan rehabiliteer en lewensbeperkende siektes kan bestuur,” sê die presidensie.

“Die gebruik van dié dienste behoort nie tot geldelike probleme te lei nie.”

Die besoekers sal ook vergader met Zweli Mkhize, Suid-Afrika se minister van gesondheid, asook regeringsleiers, en leiers in die gesondheidsektor en die burgerlike gemeenskap om Suid-Afrika se “reis na universele gesondheidsorg deur die instelling van die NGV te verstaan”.

Die “ouer garde” sal op 3 September ook met die parlement se portefeuljekomitee oor gesondheid en met Ramaphosa vergader om te bespreek hoe Suid-Afrika op die beste moontlike manier hervorming in die gesondheidsektor kan instel, wat sal lei tot omvattende gesondheidsorg.

“Die parlement is nou besig met openbare gesprekvoering oor die NGV-wet wat gemik is op toegang tot gesondheidsorg gegrond op waardes soos geregtigheid, regverdigheid en maatskaplike samehorigheid,” het die presidensie gesê.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Wêreldleiers  |  Ngv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.