Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Werkloosheid-syfer is ANC se grootste mislukking – Malala
Die politieke ontleder Justice Malala was die gasspreker by die Nelson Mandelabaai-sakekamer, GMSA en Investec se sakeontbyt. Foto: Morné du Randt

Die ANC se grootste mislukking is die stygende werkloosheidsyfer, sê die politieke ontleder en skrywer, Justice Malala.

Malala was die gasspreker by die Nelson Mandelabaai-sakekamer, GMSA en Investec se sakeontbyt.

“Dit is die ANC se grootste mislukking in die afgelope jaar. Waarom het die werkloosheidsyfer van 20% in 2008 tot 27% vanjaar gestyg? Daar is iets wat ons verkeerd doen,” sê Malala.

Nagenoeg 8,9 miljoen Suid-Afrikaners is volgens hom tans werkloos.

“Werkloosheidsyfers toon duidelik dat ongeveer 4 miljoen van die 8,9 miljoen sê dat hulle nie uit die bed gaan klim om werk te soek nie en hoop opgegee het om werk te kry.”

Hy het bygevoeg dat daar oor die volgende vyf tot tien jaar werk geskep moet word en dat beleid ontwikkel moet word wat werkskepping sal aanmoedig, maar vir die ANC gaan dit nou oor persoonlikhede, faksies en persoonlike gewin.

“So beleidskuiwe kan nie verwag word nie. Ons moet net bid dat daar nie in die volgende maand vreemde optredes en uitinge van politieke spelers sal wees nie omdat die kredietgradeerders S&P, Fitch en Moody’s alweer rondsnuffel.”

Nagenoeg 8,9 miljoen Suid-Afrikaners is volgens Malala tans werkloos.

Malala sê voorts die ANC se faksiegevegte hou dié organisasie so besig dat hy nie ’n idee van ’n samelewing anders as die huidige een op die tafel het nie.

“Die volgende jaar gaan oorheers word – of ons nou daarvan hou of nie – deur ras en die nalatenskap van die geskiedenis en dit gaan veral verder onder jong mense op universiteitskampusse posvat.”

Malala meen wat tans in hoër onderwys gebeur, gaan ’n groot neiging in die politiek en in die verandering in Suid-Afrika word.

“Ek dink nie die #FeesMustFall-beweging het oor universiteitsfooie gegaan nie. Baie ander temas was daaraan verbind.

“Een daarvan was dat ander dele van die samelewing getransformeer moet word. Ek dink dit gaan ’n groot besprekingspunt in ons samelewing bly.”

Hy beklemtoon dat mag nie meer in een plek gesetel is nie. Sake-, kerk- en gemeenskapsleiers laat toenemend hul stem hoor.

Meer oor:  Anc  |  Justice Malala
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.