Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wes-Kaap ‘praat weer oor sigarette’

Die Wes-Kaapse regering bespreek Vrydag weer die kwessie van die verkoop van sigarette tydens die staat van inperking, sê Alan Winde, premier.

Dit kom nadat Bheki Cele, minister van polisie, die provinsie Donderdagaand gewaarsku het dat die polisie sal toeslaan op ondernemings wat sigarette verkoop.

Die Wes-Kaap het Donderdag gesê hy gaan toelaat dat sigarette verkoop mag word, indien dit saam met noodsaaklike items gekoop word.

Die provinsie het gesê volgens sy interpretasies van die regulasies is dit wel toelaatbaar aangesien die verkoop van sigarette daarin nie uitdruklik verbied word nie – soos wel die geval met alkohol is.

Lees ook: Wes-Kaap sê jy kan nou sigarette koop

Cele het op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê die verbod op die verkoop van sigarette geld landwyd.

“Dit is nasionale regulasies. Wat in Limpopo moet gebeur, moet in die Wes-Kaap ook gebeur. Die Wes-Kaap moenie sy eie regulasies maak en geraas daaroor wil maak nie,” het die minister gesê.

Volgens Cele kan die regulasies nie sommer net deur die onderskeie provinsies gewysig word nie. As hulle voorstelle vir wysigings het, moet hulle dit voor die nasionale regering ter tafel lê, sê hy.

“Geen provinsie geniet ’n spesiale bedeling wat die regulasies betref nie."

Lees ook: Bykans 2 300 mense al vas wat inperking minag

Meer oor:  Koronavirus  |  Inperking  |  Sigarette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.