Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Wet moet 10 dae kraamverlof vir pa’s toelaat’
Foto ter illustrasie.

Werkende pa’s moet ook daarop geregtig wees om 10 volle werksdae as kraamverlof tydens die geboorte van hul biologiese babas te kan neem.

Dit is van die voorstelle wat Henri Terblanche, ’n pa van Kaapstad, Donderdagoggend tydens die openbare verhore oor die Wysigingswetsontwerp oor Arbeidswette in die parlement gemaak het.

Die wetsontwerp streef is daarop gemik om bepalinge oor kraamverlof in die huidig Wet op Basiese Diensvoorwaardes te wysig sodat dit kraamverlof vir pa’s moontlik maak wat tans net geregtig is op drie dae se gesinsverlof per jaar wanneer hul babas gebore word.

Dit wil ook bepalings oor verlof vir aanneemouers wysig.

Lede van die publiek, georganiseerde arbeid en nieregeringsorganisasies sal Donderdag almal hul voorleggings ná Terblanche by die openbare verhore lewer.

Terblanche het onder meer aan die parlementêre portefeuljekomitee oor arbeid, wat die openbare verhore hou, gesê dat daar tans ’n stigma is dat kraamverlof ’n hindernis is en nie as ’n noodsaaklikheid gesien word nie.

Hy meen egter dat verlengde kraamverlof vir pa’s net goed vir die kind sowel as vir die ma sal wees.

Terblanche het onder meer voorgestel dat pa’s kraamverlof van 10 werksdae kry.

Verder het hy ook voorgestel dat een ouer – ongeag die geslag – waar ’n baba aangeneem is ook, soos biologiese ma’s tans, geregtig moet wees op drie maande se kraamverlof en die ander ouer op 10 dae.

Terblanche wil ook hê dat twee dae se verlof om na iemand se bejaarde ouers om te sien by die wetsontwerp ingewerk word.

Die openbare verhore duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.