Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wet oor geld aan politieke partye nie nou verander

Aspekte van die Wet op die Befondsing van Politieke Partye sal eers later toegepas word nadat die Verkiesingskommissie (OVK) besluit het om bykomende tyd toe te laat vir die finalisering van die regulasies en ander sleutel-voorbereidings daarvan.

Dit kom nadat meer as 5 000 voorleggings oor die konsepregulasies ontvang is wat op 1 Maart vanjaar vir openbare kommentaar gepubliseer is.

Die wet maak benewens die regulering van openbare en private finansiering aan politieke partye ook voorsiening vir die totstandkoming van ’n veelparty-demokrasiefonds om politieke partye voldoende te finansier.

Die OVK het vroeër aangedui dit is van voorneme om die wet vanaf 1 April vanjaar oor die volgende twee tot drie jaar in fases in werking te stel.

“Vanweë die oorweldigende reaksie deur rolspelers op die uitnodiging om kommentaar te lewer op die regulasies, het die kommissie egter besluit dat dit in die beste belang van alle rolspelers sal wees om verdere tyd vir raadpleging en voorbereiding toe te laat voordat die eerste aspekte van die wet operasioneel word,” lui ’n verklaring van die OVK.

Die kommissie beplan om ná die verkiesing op 8 Mei openbare vergaderings te hou oor die regulasies om rolspelers toe te laat om mondelinge voorleggings te doen.

Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte, het die belangrikheid van die wet verduidelik.

“Vanweë die oorweldigende reaksie deur rolspelers op die uitnodiging om kommentaar te lewer op die regulasies, het die kommissie egter besluit dat dit in die beste belang van alle rolspelers sal wees om verdere tyd vir raadpleging en voorbereiding toe te laat voordat die eerste aspekte van die wet operasioneel word.

“Die Wet op die Befondsing van Politieke Partye is ’n kardinale toevoeging tot die demokratiese verkiesingslandskap in die land, maar omdat dit die eerste in sy soort in Suid-Afrika is, is dit noodsaaklik dat genoeg geleentheid gebied word vir insette van alle rolspelers en dat deeglike voorbereiding in plek is om die gladde toepassing van die wet te verseker.”

Die OVK het ook daarop gewys dat rolspelers tans besig is met voorbereidings vir die verkiesing. “Die grootste deel van verkiesing-verwante aktiwiteite deur politieke partye is reeds aan die gang en die wet is nie terugwerkend nie. Dit is dus onwaarskynlik dat die toepassing van dele van die wet nou ’n betekenisvolle impak op vanjaar se verkiesing sal hê.

“Die OVK het om dié rede besluit dat dit nie wys sal wees om die toepassing van die nuwe en innoverende stuk wetgewing te haas nie en eerder uitgebreide raadpleging, beplanning en voorbereiding deur alle rolspelers toe te laat,” het Mamabolo gesê.

Verteenwoordigers van politieke partye is Woensdag oor die besluit ingelig en volgens die OVK was daar groot ondersteuning daarvoor. Die Wet op die Openbare Befondsing van Verteenwoordigende Politieke Partye van 1997 bly dus intussen van krag.

Meer oor:  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.