Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wetgewer se werknemers moet in donker werk

Die Vrystaatse wetgewer is Donderdag vir die tweede dag in donkerte gehul omdat die eienaar van die Southern Life-gebou, waarin die wetgewer geleë is, nie sy rekening betaal het nie.

Robs Property Investments, waarvan Blacky Seoe die eienaar is, het die gebou twee jaar gelede gekoop, sê dr. Roy Jankielsohn, DA-lid van die Vrystaatse wetgewer.

Die ouditeur-generaal het volgens hom die kontrak tussen Robs Property Investments en die wetgewer bevraagteken omdat dit nie aan die vereistes voldoen nie. Seoe is vroeër vanjaar aan bedrog skuldig bevind in verband met ’n ander staatskontrak.

“Werknemers kan nie op die sewende vloer uitkom nie en kan nie hul werk in die donker verrig nie.”

Jankielsohn sê die eienaar van die gebou betaal nie vir munisipale dienste nie, hoewel die huurders hom betaal.

Die DA het ’n klag by die departement van arbeid ingedien. “Verlede week was twee verdiepings onder rioolvuil.”

Hy sê met die volgende sitting gaan hulle vra vir ander kantore.

Meer oor:  Roy Jankielsohn  |  Bloemfontein  |  Elektrisiteit  |  Wetgewer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.