Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wetsontwerp oor inisiasie bly – ‘ook in Maluti’

Die wetsontwerp om inisiasie in die Oos-Kaap te reguleer gaan voort en sal steeds in die Oos-Kaap toegepas word, het Fikile Xasa, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Dinsdag aan lede van die Matatiele- en Mount Fletcher-Inisiasiepraktisyns (MMIP), gesê.

Die LUR, wat tydens sy besoek aan die Maluti-omgewing met tradisionele leiers vergader het, het gereageer op ’n versoek van die MMIP dat die inwerkingstelling van die wetsontwerp in spesifiek dié twee dorpe tot 2019 uitgestel word.

Volgens die stamhoofde van die Maluti-omgewing was hul planne vir die inisiasie-seisoen reeds gereed toe die wetsontwerp in November verlede jaar bekragtig is.

Die wetsontwerp is daarop gemik om sterftes en beserings by inisiasieskole in die provinsie te verminder en tradisionele leiers aan te moedig om saam met die regering verantwoordelikheid te aanvaar vir inisiasie in hul gebiede.

Fikile Xasa Foto: Argief

Xasa het gesê inisiasie is ’n kwessie wat die land en die nasie raak. Dit is waarom die regering by dié proses betrokke raak, om “die lewens van abakhwetha (die jong mans wat besny word) te red”.

“Ons slaan ag op die kommer van die inisiasiepraktisyns. Die wetsontwerp het daartoe gelei dat die aantal sterftes en beserings van abakhwetha in die laaste winterseisoen afgeneem het, daarom kan ons dit nêrens in die provinsie staak nie, insluitend Matatiele,” sê Xasa.

Hy het ook gesê die regering moedig lede van die MMIP aan om nou saam met die tradisionele inisiasieforums te werk om ’n oplossing vir hul huidige uitdagings te vind.

“Die regering sal luister na raad oor kwessies rakende veilige inisiasie.”

Intussen het Xasa ook koninklike families aangemoedig om hard te werk om die tradisionele leierskapinstansies in die provinsie te stabiliseer sodat die bestaande geskille oor tradisionele leierskap opgelos kan word.

“Tradisionele leiers moet hul instansies beskerm sodat dit nie in ’n geldmaakskema ontaard nie. Die geskille doen afbreuk aan die beeld en waardigheid van die instansie.”

Meer oor:  Wetsontwerp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.