Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wie dink jy is jy? vra Cele vir boer
Boere, kleinboere en die polisie het Maandag vergader om oplossings te soek vir die spanning in die gebied. Foto: Twitter

“Die minister het vandag ’n wond, wat skaars nog ’n klein rofie gemaak het, in ’n bloeiende oop wond verander,” sê Roland Collyer, ’n boer van Normandien in KwaZulu-Natal, waar Glen (63) en Vida Rafferty (60) drie weke gelede vermoor is.

Collyer is familie van die egpaar en ook die voorsitter van die plaaslike boerevereniging.

Hy sê boere het verstaan dat Maandag se vergadering met die minister van polisie, Bheki Cele, ’n vergadering tussen gemeenskapsleiers sou wees om veiligheidsprobleme in die gebied te bespreek.

Dit het volgens Collyer gou duidelik geword dat ’n deel van die gemeenskap ander planne gehad het toe ’n groot groep mense in Normandien opgedaag het en kommersiële boere verskreeu en beledig het.

Collyer sê Cele het gekom om die boere uit te trap en het petrol op die vuur gegooi in ’n gemeenskap waar grondkwessies al jare lank groot wrywing veroorsaak.

Van die gemeenskapslede het in ’n stadium aan Cele gevra of hy bang is vir wit boere, want swart mense in die gebied word mishandel en vermoor.

Van die gemeenskapslede het in ’n stadium aan Cele gevra of hy bang is vir wit boere, want swart mense in die gebied word mishandel en vermoor.

Collyer sê ou sake wat al in die hof gedraai het en afgehandel is, is opgediep.

Een so ’n kwessie is dié van Anton Pitout, ’n boer van die omgewing wat ’n plaas gekoop het waar lede van die gemeenskap se beeste gewei het.

Pitout het op aanbeveling van die departement van grondhervorming en landelike ontwikkeling vrywillig aan die vee-eienaars 90 hektaar weiding gegee, maar hulle wou die hele plaas hê.

“Wie dink jy is jy?” het Cele aan Collyer gevra.

Pitout is drie keer binne ’n kwessie van ’n jaar aangeval, die laaste keer in Oktober 2019 toe hy erg met knopkieries geslaan is.

Vals klagte word volgens Collyer gedurig teen Pitout ingedien, maar Maandag is aan Cele vertel dat Pitout die sondebok is.

Collyer sê Cele het hom ingevlieg omdat hy aan hom probeer verduidelik het dat van die beskuldigings ongegrond is.

Collyer het aan Cele gevra of hy dink dit is reg dat kleinboere se vee kommersiële boere se oeste beskadig.

“Wie dink jy is jy?” het Cele aan Collyer gevra.

Cele het aan Collyer gesê dat hy disrespekvol is.

Saterdag se vergadering met die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, het volgens boere nie veel beter verloop nie.

Somnandi Hadebe, ’n kleinboer, het aan Zikalala gesê wit boere vermoor gereeld swart mense, maar nou besoek Zikalala die gebied omdat twee wit mense vermoor is.

Intussen het Siyabonga Macau (29) Maandag in die landdroshof op Newcastle vir die moorde op die Rafferty-egpaar verskyn. Hy bly in aanhouding. Nog inhegtenisnemings word verwag.




Meer oor:  Vida Rafferty  |  Roland Collyer  |  Glen Rafferty  |  Bheki Cele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.