Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wie is John Steenhuisen?
John Steenhuisen. Foto: Lindile Mbontsi

Enkele dae nadat Mmusi Maimane Donderdag sy bedanking uit die DA en as die party se parlementêre leier aangekondig het, is John Steenhuisen onbestrede as sy opvolger aangestel.

Steenhuisen het die afgelope parlementêre termyn veral bekendheid verwerf vir sy skerp en bitsige uitlatings en opmerkings as DA-hoofsweep in die voorste opposisie gestoeltes in die Nasionale Vergadering.

Dr. Annelie Lotriet, DA-koukusvoorsitter, het Sondag bevestig dat Steenhuisen as nuwe parlementêre leier aangestel is nadat hy die enigste kandidaat was wat teen Vrydag om 20:00 uit die party se koukusgeledere benoem is.

Sy politieke agtergrond

  • Steenhuisen is op 25 Maart 1976 in Durban gebore en het aan die Northwood School gematrikuleer.
  • Sy verkiesing in 1999 as stadsraadslid van die destydse Durban-stadsraad op 22-jarige ouderdom het hom een van die jongste stadsraadslede in die geskiedenis van die munisipaliteit gemaak.
  • In 2006 is hy as koukusleier van die DA, wat toe die amptelike opposisie was, in die eThewkini-metro verkies terwyl hy ook op die party se uitvoerende raad gedien het.
  • Hy het Durban-Noord vir tien jaar in die Durban- en die eThekweni-metro verteenwoordig totdat hy verkies is om die party ná die 2009-verkiesing in die KwaZulu-Natalse wetgewer te verteenwoordig.
  • In 2009 is Steenhuisen ook verkies as die DA-leier in KwaZulu-Natal. Hy het die pos tot 18 Oktober 2010 beklee.
  • Hy het daarna as DA-koukusleier en lid van die provinsiale wetgewer aangebly totdat hy in Julie 2011 na die parlement geskuif is.

Bykomende bron: People’s Assembly

Meer oor:  John Steenhuisen  |  Da-Leierstryd  |  Politiek  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.