Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Winde: ‘Afskuwelike’ fopnuus moet stop

Owerhede in die Wes-Kaap het klagte begin ondersoek oor mense wat fopnuus versprei en hulle loop die gevaar om in hegtenis geneem te word.

Alan Winde, premier, het Maandagoggend gedurende sy aanlyn inligtingsessie op Facebook inwoners toegespreek om hulle op hoogte te bring oor gebeure gedurende die naweek rondom die stryd teen Covid-19.

“Ons het oor die afgelope tyd ‘afskuwelike’ fopnuus gesien wat die ronde doen. Klagte is by die polisie aanhangig gemaak en ons hoop inhegtenisnemings sal binnekort volg.”

Winde het ook gesê dat pres. Cyril Ramaphosa ’n spesiale virtuele vergadering met die presidensiële koördineringsraad gehou het wat sowat drie en ’n half uur geduur het, waar die provinsie spesifieke kwessies bespreek het oor die mishandeling van inwoners deur die weermag, polisie en wetstoepassers.

“Daar was ook ’n bespreking oor regulasies en die verwarring wat daar was omdat ons as provinsie ’n ander interpretasie van die regulasies gehad het. Ons het nooit regulasies verander nie, ons het slegs ’n ander interpretasie daarvan gehad.”

Winde sê daar is ooreengekom dat die provinsie sal voortgaan met die implementering van die volledige aangepaste regulasies.

“Daar is ooreengekom dat ons alle verdere onsekerheid deur die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) sal uitklaar, en daar is reeds ’n proses met ons LUR en regspanne aan die gang.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Fopnuus  |  Alan Winde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.