Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Wit eienaarskap beperk groei’

Adj.pres. Cyril Ramaphosa meen die konsentrasie van die eienaarskap van die land se ekonomie in die hande van die wit minderheid beperk volhoubare groei en transformasie.

Ramaphosa het tydens sy 8 Januarie-toespraak Saterdag in Oos-Londen gesê die ANC-regering sal om dié rede begin werk om die eienaarskapstruktuur van die ekonomie te verander deur onder meer te verseker dat toegang tot en eienaarskap van veral finansiële instellings deur swart mense, die jeug en vroue bewerkstellig word.

Dit is deel van die ANC se program van radikale ekonomiese transformasie waarvoor pres. Jacob Zuma en sy eksvrou, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, wat in Desember die ANC-presidentskap teen Ramaphosa verloor het, van die grootste voorstanders was.

Ramaphosa sê om dit reg te kry sal onder meer nuwe benaderings in die regulering en lisensiëring van die finansiële sektor insluit wat gediversifiseerde eienaarskap en mededinging kan bevorder.

Cyril Ramaphosa, ANC-leier, word deur ’n pryssanger voor sy toespraak by die ANC-verjaardagvieringe in Oos-Londen sterkte toegewens.Foto: Lulama Zenzile

Volgens hom moet ontwikkelinggegronde finansiële instellings en staatsbanke ook opdrag kry om meer te fokus op die skep van werk, bemagtiging, nywerheidsdiversifikasie en die ontwikkeling van klein ondernemings en koöperatiewe.

“Die Reserwebank speel ’n noodsaaklike rol in die lewe van enige nasie met betrekking tot monetêre beleid en die beveiliging en bevordering van die waarde van sy geldeenheid.

“Die ANC bevestig weer eens die rol, mandaat en onafhanklikheid van die Reserwebank.

“Ons doen ’n beroep op die regering om voorstelle in lyn met internasionale praktyk te ontwikkel om die volle openbare eienaarskap van die Reserwebank te verseker.”

Volgens Ramaphosa benodig die land ’n ekonomiese groei-strategie wat werksgeleenthede op ’n veel groter skaal kan skep, terwyl nuwe lewe ook in die vervaardigingsektor geblaas moet word.

Om die konsentrasie van eienaarskap van en die beheer oor die ekonomie (deur wit mense) te verminder en die mark oop te maak vir nuwe, swartbeheerde maatskappye, het ons ooreengekom om die mandaat van die mededingingsowerhede uit te brei.

“Dit sluit ook voorkeurverkryging in sowel die staat as private sektor in om die vraag na plaaslike goedere te stimuleer en om plaaslike vervaardigingskoste te verminder.”

Hy sê deur van ander opkomende markte te leer, moet die land se industrialiseringstrategie fokus op sektore wat die grootste moontlikhede bied en waar daar die doeltreffendste gebruik gemaak kan word van hulpbronne soos toerisme, landbou en mineralebronne.

“Om die konsentrasie van eienaarskap van en die beheer oor die ekonomie (deur wit mense) te verminder en die mark oop te maak vir nuwe, swartbeheerde maatskappye, het ons ooreengekom om die mandaat van die mededingingsowerhede uit te brei.

“Hierdie instellings sal die verantwoordelikheid het om monopolie-beheer van ons ekonomie aan te pak en om mededinging te vergroot.”

Ramaphosa sê die regering se verkrygingsprosesse en die toekenning van konsessies sal doeltreffender gebruik word om breë ekonomiese bemagtiging te bevorder en om groter eienaarskap en verteenwoordiging op direksies aan te moedig.

Daar sal volgens Ramaphosa ook voorkeur gegee word aan ondernemings in swart besit in townships en landelike gebiede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.