Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Wit’ ondernemings kan ook hulp kry, sê toerisme-minister

Ondernemings wat nie aan SEB-vereistes voldoen nie, kan steeds vir hulpverlening van die staat kwalifiseer.

Daarom moet dié ondernemings steeds daarvoor aansoek doen, en moet eienaars nie ontmoedig word deur fopnuus dat uitsluitlik swart ondernemings gehelp word nie.

Só het Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, Donderdag op ’n sitting van dié departement se portefeuljekomitee gesê.

Hoewel die departement reeds byna al die geld van die toerisme-hulpverleningsfonds van R200 miljoen aan sowat 3 800 ondernemings uitbetaal het, wou Greg Krumbrock, DA-LP, weet oor toekomstige hulpverlening aan die toerismebedryf.

“Watter raad sal jy aan werkers gee wat aansoek doen by ondernemings. Moet hulle kyk na die ras van hul werkgewer omdat sommige hulp sal kry en ander nie? Baie sal hul werk verloor omdat hul werkgewers die verkeerde kleur is,” het Krumbrock gesê.

“Watter raad sal jy aan werkers gee wat aansoek doen by ondernemings. Moet hulle kyk na die ras van hul werkgewer omdat sommige hulp sal kry en ander nie? Baie sal hul werk verloor omdat hul werkgewers die verkeerde kleur is.

Kubayi-Ngubane het gereageer deur te sê amptenare moet ophou om waninligting te versprei, want dit kan uiteindelik “wit ondernemings” ontmoedig om aansoek te doen en sodoende voordeel te trek.

Hoewel die departement ingevolge SEB-wetgewing wel ras as maatstaf gebruik met hulpverlening, het die hooggeregshof in Pretoria in Mei beslis dat dit nie op diskriminasie neerkom nie.

Regter Jody Kollapen het in sy uitspraak gesê hoewel SEB-ondernemings effens deur die kriteria vir hulpverlening bevoordeel word, kan wit ondernemings deur die ander maatstawwe punte opmaak en steeds vir hulpverlening kwalifiseer.

Ons glo dat almal ’n aandeel in die ekonomie moet hê, en dat die sektor getransformeer moet word sodat almal bevoordeel word, en nie net sekeres nie.

,” sê Kubayi-Ngubane.

Verder het die minister gesê dit is moeilik om te beplan vir die heropening van die toerismesektor weens die onsekerheid oor hoe die koronavirus verder gaan versprei.

“Die situasie verander van week tot week. Een week gaan dit só en die volgende week gebeur die teenoorgestelde. Ons weet egter dat die pandemie ’n massiewe impak op die bedryf het, en daarom het ons geveg vir die heropening daarvan,” sê sy.

Volgens haar sal haar departement eers op plaaslike toerisme fokus, en later sal bemarking vir internasionale toerisme weer in alle erns hervat word.

Haar departement sal binnekort ’n voorlopige plan publiseer oor die pad vorentoe, hoewel baie nog kan verander.

Meer oor:  Koronavirus  |  Toerisme  |  Mmamoloko Kubayi-Ngubane  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.