Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wits gooi wal oor Hlaudi se ‘lesings’ aan sakeskool

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) sê Hlaudi Motsoeneng is nie een van sy dosente nie en het slegs as ’n gasspreker in ’n openbare paneelbespreking opgetree.

Wits kon Dinsdag nie met sekerheid bevestig of hy geweet het dat Motsoeneng nie matriek het nie toe die universiteit hom in 2013 uitgenooi het om deel van ’n openbare paneelbespreking te wees nie.

Die verklaring kom nadat hy Dinsdag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig het dat hy al aan universiteite soos Wits lesings gegee het oor leierskap en dat dit as deel van hul leerplanne gebruik is.

Hy het getuig dat leuens oor hom gedurende sy termyn by die openbare uitsaaier versprei is, selfs al hét hy vooraf bekend gemaak dat hy nie matriek het nie.

Motsoeneng het gesê hy het uit die staanspoor gesê dat hy nie matriek geslaag het nie.

Hlaudi Motsoeneng waar hy Dinsdag voor die Zondo-kommissie na staatskaping in Johannesburg getuig het. Foto: Felix Dlanagamandla

“Wat Motsoeneng se betrokkenheid by Wits se sakeskool betref – soos ons voorheen gesê het – het mnr. Motsoeneng in geen stadium ’n lesing by die universiteit aangebied nie, en geen materiaal wat deur hom geskryf is, vorm deel van die kurrikulum van enige van ons akademiese of uitvoerende opleidingsprogramme of kursusse nie.”

Jane Balnaves het gesê Motsoeneng was uitgenooi om op 6 Desember 2013 aan ’n openbare ontbytpaneelbespreking by die Wits se sakeskool deel te neem.

“Die sakeskool is daarop gemik om ’n sentrum vir gesprek, debat en dialoog vir die hele Suid-Afrika te wees, en diskrimineer dus nie tussen onderwysvlakke in die bevordering van ’n openbare debat soos in die geval met Motsoeneng nie.”

Balnaves het dit duidelik gestel dat daar ’n verskil is tussen die aanbied van ’n lesing aan sy studente binne ’n akademiese konteks en om een van verskeie gassprekers op ’n openbare ontbytgeleentheid te wees.

“Om ’n gasspreker te wees, maak nie van iemand ’n akademikus nie. Mnr. Motsoeneng het in geen stadium ’n lesing aan die universiteit aangebied nie.”

Shirona Patel, universiteitswoordvoerder, het gesê dit was destyds die gebruik om gassprekers uit ’n verskeidenheid relevante organisasies in die openbare sektor, waaronder die SAUK, te nooi.

Meer oor:  Zondo-Kommissie  |  Sauk  |  Hlaudi Motsoeneng  |  Staatskaping  |  Wits
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.