Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
WKOD steun 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld

Alle amptenare, skoolhoofde, ouers en leerlinge in die Wes-Kaap word aangemoedig om deel te neem aan die internasionale 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

Debbie Schäfer, LUR vir onderwys in die provinsie, sê in ’n verklaring die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) glo bewusmaking oor geslagsgeweld moet deel wees van die alledaagse skoolopleiding om te help om dit te voorkom.

“Ons besef terdeë dat ons ’n rol speel in die ontwikkeling van jong breine en die gedrag van ons leerlinge. Ons wil graag hê die hele gemeenskap moet saam met ons werk, omdat ons dit beslis nie alleen kan doen nie,” sê sy.

Optrede teen geslagsgeweld is luidens die verklaring egter nie bloot ’n 16 dae lange gebeurtenis nie.

Debbie Schäfer, die Wes-Kaapse LUR van Onderwys. Foto: Deon Raath

Die kurrikulum in skole speel ’n groot rol om leerlinge te leer hoe om geweld te hanteer, daarteen op te tree en om “die regte keuses te maak”.

“Die kwessie van geslagsgeweld word in die kurrikulum bespreek, van gr. 4 tot gr. 12. Die belangrikheid om kinders met kennis, vaardighede en waardes oor hul seksualiteit, geslag, godsdiens en ras toe te rus, kan nie oorbeklemtoon word nie.”

Sy doen ’n beroep op leerlinge wat enige soort misbruik ervaar, om die WKOD se tolvrye Veilige Skole-inbelsentrum te bel by 0800 45 46 47. ”

Meer oor:  Wkod  |  Debbie Schäfer  |  Gendergeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.