Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wysiging van art. 25 ‘sal breër SA bevolking benadeel’

Agri Wes-Kaap voer aan in sy insette wat Maandag by die parlement ingedien is dat die wysiging van art. 25 van die Grondwet tot nadeel van Suid-Afrikaners sal wees.

Verteenwoordigers van Agri SA, Agri Wes-Kaap en APL Kartonne het Maandagoggend voorleggings in die parlement oor die voorgestelde wysiging van art.25 van die Grondwet ingedien. Van links is Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, Igor Boonzaaier, transformasiebestuurder van APL, Louis Wessels, regsbestuurder van Agri Wes-Kaap, en Annelize Crosby, Agri SA se hoof van grondsake. Foto: Agri Wes-Kaap

Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê in ’n verklaring dat art. 25 nie ’n hindernis vir grondhervorming is nie, “ook nie die feit dat dit regverdige en billike vergoeding vereis nie”.

“Dit is deur die hoëvlakpaneel oor sleutelwetgewing bevestig.”

Volgens Strydom kan Agri Wes-Kaap nie die voorgestelde wysiging ondersteun nie.

“Dit sal tot nadeel van die breër Suid-Afrikaanse bevolking wees en sal nie totale institusionele ondoeltreffendheid regstel nie. Die werklike probleme is ’n gebrek aan implementering en swak inwerkingstelling van bestaande wetgewing en programme, ’n onvoldoende begroting en korrupsie.”

Agri Wes-Kaap sê hy bly egter toegewyd om deel van die oplossing vir suksesvolle grondhervorming te wees en by te dra tot ’n “oplossingsgedrewe beleid” wat landbouproduksie en voedselsekerheid in die Wes-Kaap en Suid-Afrika sal verseker.

Meer oor:  Agri Wes-Kaap  |  Grondwet  |  Art. 25  |  Suid-Afrikaners  |  Parlement  |  Grondhervorming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.