Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wysiging van Grondwet: Komitee sit bal weer aan die rol

Die bal is weer amptelik aan die rol wat betref die wysiging van die Grondwet om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Dr. Mathole Motshekga, senior ANC-LP, is Donderdag tot voorsitter verkies van die parlementêre ad hoc-komitee wat wetgewing moet inisieer om art. 25 van die Grondwet, die eiendomsklousule, te wysig.

Dr. Mathole MotshekgaFoto: GCIS

LP’s van die DA en Vryheidsfront-Plus was nie in die komiteesitting teenwoordig waar Motshekga verkies is nie. Lede van dié twee partye het die vorige dag uit die komitee-lokaal gestap nadat hulle vir meer as 40 minute gewag het dat die sitting begin. Die vergadering is toe uitgestel omdat daar nie genoeg LP’s was om ’n kworum te vorm nie.

Motshekga het ná sy verkiesing gesê die formele totstandkoming van die komitee vir die wysiging van die Grondwet is ’n “demokratiese en deursigtige proses en ’n groot stap na die verdieping van die swaarverdiende demokrasie” .

“Die totstandkoming van die komitee sal ’n sterk boodskap stuur dat dié demokratiese instelling die ANC se besluit om aandag te gee aan die erfsonde, ten volle omarm. Ons wil aan alle Suid-Afrikaners sê dat dié ad hoc-komitee gelyke gewig sal verleen aan alle voorleggings, en sal verseker dat ons ons werk binne die voorgeskrewe tyd afhandel.”

Openbare sittings oor of die Grondwet gewysig behoort te word het verlede jaar landwyd in elk van die nege provinsies plaasgevind.

Die Nasionale Vergadering het die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee, wat die proses gelei het, se finale verslag in November verlede jaar aanvaar.

Die ad hoc-komitee is daarna op die been gebring om die wetgewing te inisieer.

’n Nuwe voorsitter moes verkies word omdat Thoko Didiza ná die Mei-verkiesing as minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling in die kabinet aangestel is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.