Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wysiging van Grondwet: Sperdatum verleng

Die parlementêre ad hoc-komitee oor die wysiging van die Grondwet om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding het besluit om die sperdatum vir skriftelike voorleggings te verleng.

Die besluit is Donderdag in die sitting van die komitee geneem.

Die sluitingsdatum vir voorleggings was aanvanklik Vrydag 31 Januarie.

Die komitee het egter eenparig besluit dat die sperdatum tot 29 Februarie verleng word. Verskeie politieke partye en burgerlike organisasies het vroeër versoek dat die tydperk om kommentaar te lewer op die voorgestelde wysigings verleng moet word.

Ingevolge die voorgestelde wysigings soos vervat in die Agtiende Konsepwysigingswetsontwerp op die Grondwet wat op 3 Desember 2019 gepubliseer is, moet sekere bepalings van art. 25 gewysig word om onder meer te lui dat ’n hof, waar grond of enige verbeteringe daarop onteien word vir die doelwitte van grondhervorming, mag bepaal dat die vergoedingsbedrag nul is.

Nóg ’n voorgestelde wysiging is dat nasionale wetgewing onder meer die spesifieke omstandighede uiteensit waarin ’n hof mag bepaal dat die vergoedingsbedrag nul is.

Hou Netwerk 24 dop vir meer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.