Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zille ‘dalk doring in Maimane se vlees’
Helen Zille, die nuwe voorsitter van die DA se federale raad, saam met die partyleier, Mmusi Maimane.Foto: Sarel van der Walt

Politieke ontleders voorspel dat Helen Zille se verkiesing tot nuwe voorsitter van die DA se federale raad herstrukturering kan bevorder, maar dat sy moontlik ’n doring in die vlees van die partyleier, Mmusi Maimane, kan wees.

Zille, ’n voormalige leier van die DA, het Sondagoggend stof in haar teenstanders se oë geskop en in ’n noue wedloop met Athol Trollip die verkiesing op die party se federale raadsvergadering, wat in Bruma, Johannesburg, gehou is, gewen.

Prof. Amanda Gouws van die Universiteit Stellenbosch se departement van politieke wetenskap sê Zille se verkiesing behoort niemand te verbaas nie.

“Sy is die mees bekwame kandidaat. Daar was egter net wit kandidate van die ouer geslag, wat daarop dui dat die DA verdeeld is wat ras betref en dat daar geen nuwe idees is oor hoe om vorentoe te beweeg nie.

“Sy is die mees bekwame kandidaat. Daar was egter net wit kandidate van die ouer geslag, wat daarop dui dat die DA verdeeld is wat ras betref en dat daar geen nuwe idees is oor hoe om vorentoe te beweeg nie.”

Gouws sê dit gaan Mmusi se lewe nog moeiliker maak en sy vermoed die DA gaan meer steun verloor, veral onder bruin en swart kiesers. “Helen Zille se twiets (oor kolonialisme) is nog vars in hul geheue.”

Theo Venter, politieke ontleder en beleidspesialis by die Noordwes-Universiteit se sakeskool, sê hy glo die DA het die beste uit twee omstrede kandidate (Zille en Trollip) gekies.

“Al twee is gekompliseerde kandidate. Helen Zille het nog ’n albatros om haar nek weens haar twiets oor kolonialisme en Trollip se mislukking in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit is nog nie vergete nie. Ek dink egter Zille is die kandidaat wat die herstrukturering van die DA die beste sal kan hanteer,” sê Venter.

Venter sê wat Zille nou te doen staan, is om die party op die regte pad te kry en seker te maak dat die DA die stemme wat die party verloor het, veral dié van die Afrikaners, terugkry.

Ek dink egter Zille is die kandidaat wat die herstrukturering van die DA die beste sal kan hanteer.

“As die DA-leierskap die party wil red, sal hulle hul verskille eenkant moet sit. ’n Groot uitdaging vir die DA is om sy Afrikaner-steun terug te kry en Zille verteenwoordig ’n teenstrydigheid vir die Afrikaners, hoewel hulle besef dat sy die enigste een is wat veranderings in die party sal teweeg bring.”

Venter sê die Trollip-faksie sal miskien in die openbaar Zille se verkiesing aanvaar, maar agter die skerms kan dit ’n heel ander storie wees.

Meer oor:  Da  |  Mmusi Maimane  |  Helen Zille
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.