Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Zille kan DA seermaak’

Hy weet nie wat Helen Zille, voormalige DA-leier en Wes-Kaapse premier, probeer bereik met haar aanvalle op dié party nie, omdat dit die DA kan seermaak.

Sy kan die DA skade berokken omdat sy so sterk met die party geassosieer word, sê Theo Venter, politieke ontleder

Helen Zille Foto: Helen Zille

van die Noordwes-Universiteit.

Die DA het in die algemene verkiesing op 8 Mei ’n halfmiljoen stemme en vyf parlementêre setels verloor. Hy het baie van sy tradisionele steun aan die VF Plus afgestaan.

Zille het Sondag in ’n rubriek in  Rapport geskryf haar party het haar ná haar omstrede “kolonialisme-twiets” in 2017 uit die pad probeer kry deur vir haar ’n werk in die buiteland te reël.

Sy sê dit was deel van ’n desperate poging om die party te “suiwer” en aantrekliker te maak vir “aanhangers van

identiteitspolitiek wat in elk geval nooit vir die DA sou stem nie”.

Haar aanval volg op die hakke van die bedanking van Jonathan Moakes, die party se verkiesingsbestuurder.

Moakes het die party in sy bedankingsbrief beskryf as ’n “toksiese, abnormale omgewing” waar “interne gevegte, vertrouensbreuk en onenigheid die norm geword het”.

Venter sê dit wat tans in die DA gebeur, is tipies wat in partye gebeur wat in ’n verkiesing steun verloor het. Daar is gewoonlik retrospeksie en binnegevegte.

Zille se optrede is volgens hom baie soos dié van oudpres. Jacob Zuma toe hy verlede jaar deur die ANC teruggeroep is. Ook Zille kry nie afstand tussen haar en die party nie. Zuma het aanhou terugkeer om vergaderings van die nasionale uitvoerende komitee by te woon en het ook op Twitter standpunt ingeneem.

Dit is duidelik sy het byltjies met mense in die DA te slyp. Ek kry ook die idee sy was kwater met haar omstrede Twitter-boodskap oor kolonialisme as wat ons aanvanklik gedink het.
Theo Venter

“Dit is duidelik sy het byltjies met mense in die DA te slyp. Ek kry ook die idee sy was kwater met haar omstrede Twitter-boodskap oor kolonialisme as wat ons aanvanklik gedink het,” sê Venter.

Zille het ook geskryf dat, nadat die DA meer divers geword het, die “ANC en hul medereisigers” voortgegaan het om die DA se swart leiers as “Zille se marionette” te beskryf.

Daarna het die party se breintrust tot die gevolgtrekking gekom dat die DA uiteindelik sy beeld as ’n “wit party” sou verloor as hy haar in die openbaar “verpletter”.

Emeritusprofessor Erwin Schwella, ’n politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Tilburg in Nederland en die Hugenote-kollege op Wellington, sê die DA moet vergeet van sy “droom” om in die afsienbare toekoms op nasionale vlak die politieke mag by die ANC af te neem.

“Die DA moet vir homself besluit wie en wat hy regtig is en daarby hou. Hy moet aanvaar dat hy dan net op sekere plekke sal regeer, maar op ander plekke, waar hy nie regeer nie, deur sy beginsels die samelewing en die demokrasie sal beskerm,” sê Schwella.

Emeritusprofessor Pieter Labuschagne van Unisa sê die DA bevind hom “takties tussen die duiwel en die diep blou see”. Die party sukkel om swart steun te wen en het wit steun verloor.

Hy sê die DA is waarskynlik die enigste party wat selfs ná die verkiesing baie steun verloor.

Meer oor:  Theo Venter  |  Helen Zille  |  Politiek  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.