Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zille loop deur ná uitlatings teen BLM oor Mosambiek

Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, het Dinsdag teruggekap na kritici nadat sy op sosiale media teen die BlackLivesMatter-beweging uitgevaar het.

Sy het Maandag op Facebook die BLM se “stilswye” oor die terreur in Mosambiek gekritiseer, en gevra of hy hom net steur aan dié moorde waaruit hy politiek munt kan slaan en “witheid” kan verkleineer.

Zille is intussen van sensasie beskuldig en dat sy vir “wit bevoorregting” in die bresse probeer tree.

Dit spruit uit ’n plasing op Facebook waarin sy gevra het “waar is #BlackLivesMatter?” nadat sy videomateriaal van ’n moordtog van Moslem-militante in die Cabo Delgado-provinsie in Mosambiek onder oë gehad het.

Die militante, wat bande met Isis het, het sowat twee weke gelede tientalle burgers en buitelanders in Palma vermoor.

Dit is deel van ’n skrikbewind wat die militante die afgelope jare in dié gas- en olieryke provinsie voer.

“Ek het nog nooit iets so gruwelik gesien nie. Lewende mense wie se ledemate afgekap word. Mense wat in die strate rondloop met die koppe van mense wat onthoof is. Mense in ondraaglike pyn nadat hulle lewend aan die brand gesteek is.

“Waar is #BlackLivesMatter? Of steur hulle hul net aan dié moorde waaruit hulle politiek munt kan slaan en ‘witheid’ kan verkleineer? Ek het nog nie iets soos die wreedheid in Cabo Delgado gesien nie. Tog is daar stilte.”

Ek het nog nooit iets so gruwelik gesien nie. Lewende mense wie se ledemate afgekap word. Mense wat in die strate rondloop met die koppe van mense wat onthoof is. Mense in ondraaglike pyn nadat hulle lewend aan die brand gesteek is.

Zille skryf dat #BlackLivesMatter te besig is op die internet op soek na “onbedoelde mikro-aggressie, eerder as om dié brutale geweld teen swart mense te keer”.

Khalid Sayed, ANC-LP in die Wes-Kaapse wetgewer, het intussen aan IOL gesê Zille misbruik die kwessie in Mosambiek om wit bevoorregting te verdedig.

Hy het verwys na die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se veiligheidsgroepering wat onlangs besluit het om ’n feitesending na Mosambiek goed te keur.

“Swart lewens maak saak, en dit is hoekom ons leiers en regering daaraan aandag skenk. Zille moet ophou om sensasioneel en groots te wees,” het hy gesê.

Zille het by navraag die kritiek teen haar as “malligheid” afgemaak. Volgens haar het sy slegs probeer uitwys dat die BLM “skynheilig” is omdat “swart lewens nie net saakmaak wanneer dit deur ’n wit persoon geneem word nie”.

Meer oor:  Mosambiek  |  #Blacklivesmatter  |  Helen Zille
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.