Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zille ‘nie betrokke’ by bemiddeling tussen DA-hoës

Dit het niks met haar te doen nie.

Só het Helen Zille, Wes-Kaapse premier en voormalige DA-leier, Donderdag gereageer op mediaberigte dat sy die DA aanbeveel het om die twis tussen Bonginkosi Madikizela, waarnemende Wes-Kaapse DA-leier, en Mbali Ntuli, KwaZulu-Natalse LPW, vir bemiddeling te verwys.

Sy sê sy het ook geen aanbevelings gemaak nie.

Madikizela het ’n klag teen Ntuli ingedien en indien daar enige bemiddeling is, moet dit volgens haar tussen hulle twee wees.

“Wat het ek daarmee te doen?” het Zille gevra.

Die twis tussen Madikizela en Ntuli spruit uit Zille se twiets oor kolonialisme. Ntuli het ’n Facebook-inskrywing ge-like waarin geskryf is dat Zille “ ’n rassis is” en het sodoende na bewering die party se beleid oor die gebruik van sosiale media oortree.

Mbali Ntuli se tugverhoor is voorlopig uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.