Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zille sê sy is nie bemiddelaar in twis oor De Lille

Helen Zille, Wes-Kaapse premier, het gerugte dat sy as bemiddelaar optree in die DA se twis met Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, afgelag.

Zille het Donderdag aan Netwerk 24 gesê dat sy wel “bekommerd” is oor die stand van sake in die DA-beheerde Kaapse metroraad, maar dat dit nie haar plek is om in te meng nie.

Helen Zille, Wes-Kaapse premier.Foto: Peter Abrahams

“Ek het geen rol meer in die DA nie. So ek moet nou terugstaan en my eie dinge doen,” het Zille gesê.

Dit volg nadat die hooggeregshof in Kaapstad verlede maand bevind het dat De Lille onwettig uit die party

geskop is en nie genoeg tyd gegun is om haar kant van die saak te stel nie. Die hof het bevind dat die DA se federale regskommissie nie reg saamgestel was nie en dat die besluit om De Lille se lidmaatskap te beëindig nie ’n toets van regverdigheid kon slaag nie.

De Lille wou ook nie kommentaar lewer oor samesprekings met die DA nie.

Bronne in die DA-leierskap het egter bevestig dat daar “toutrekkery” aan die gang is in die party se leierskap oor of daar wel ’n skikking of ooreenkoms met De Lille aangegaan moet word.

“Daar is bittere verdeeldheid tussen twee groepe oor die moontlike skikking en die poppe gaan nog dans,” het een van die ingeligte bronne gesê.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Patricia De Lille  |  James Selfe  |  Helen Zille  |  Da  |  Twis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.