Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zille wil Max takel – en almal kan luister

Helen Zille en Max du Preez gaan mekaar oor ’n koppie tee pak – en jy is ook genooi.

Du Preez, redakteur van Vrye Weekblad, het die afgelope week ingestem om ’n gas te wees op Zille se nuwe gespreksreeks Tea with Helen, waarvoor opnames Woensdag begin en uitsendings einde Augustus.

Die gesprekke sal beskikbaar wees op YouTube en as ’n potgooi.

Zille en Du Preez was die afgelope week in mekaar se hare oor ’n twiet waarin Zille gesê het dieselfde media wat die EFF opgebou het, kla nou nadat die EFF teen hulle gedraai het.

Du Preez het geantwoord deur te sê dit lyk of Zille daarvan hou dat haar ou kritici nou deur die EFF geteiken word.

Ná ’n bekgeveg waarin Du Preez onder meer vir Zille daarvan beskuldig het dat sy nie meer die “progressiewe liberaal” van 40 jaar gelede is nie, en Zille gesê het Du Preez het die “linkse” reis na “rassistiese identiteitspolitiek” gemaak, het Zille Du Preez genooi om haar gas te wees in die derde episode van haar nuwe gespreksreeks, wat op 2 September in Kaapstad opgeneem sal word.

Wat is 'n potgooi?
’n Potgooi is ’n opname of ’n reeks opnames wat jy aflaai op jou foon, tablet of rekenaar om na te luister wanneer jy tyd het. Potgooi-aflaaie in Suid-Afrika het in die 12 maande tot Oktober 2018 met 50% toegeneem, het BizCommunity berig.

Ná jou batshit-crazy Zuma/Trump-vertoning vandag vertrou ek jou nie, so geen redigering word toegelaat nie, geen onderwerp is van die tafel af nie, en geen tydbeperking nie.” het Du Preez geantwoord.

Zille, wat in Mei ’n gereelde rubriek vir Rapport begin skryf het en pas as ’n senior navorsingsgenoot by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) aangesluit het, wil met haar gesprekke “die idee van vryheid van spraak uitbou”.

Haar eerste gas is die oudkoerantredakteur en rubriekskrywer Peter Bruce, wat voor die verkiesing betoog het dat pres. Cyril Ramaphosa steun verdien omdat net hy die land kan red.

Sedertdien het donker wolke sy “nuwe dagbreek” volgens kritici bederf.

Ná Bruce is dit die beurt van Ferial Haffajee, mederedakteur van Daily Maverick, wat die litigasie ondersteun van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) teen die EFF, hoewel sy nie self ’n party in die saak is nie.

Zille sê die joernaliste, onder wie News24 se redakteur, Adriaan Basson, Pauli van Wyk van Daily Maverick en Ranjeni Munusamy van die groep Tiso Blackstar, is te fyngevoelig en het te min gedoen om op die gevare van Malema se retoriek te wys toe net wit mense nog sy teikens was.

Volgens Zille sal ’n oorwinning teen Malema in die hof ’n terugslag vir vryheid van spraak wees.

’n Potgooi is ’n opname of ’n reeks opnames wat jy aflaai op jou foon, tablet of rekenaar om na te luister wanneer jy tyd het. Potgooi-aflaaie in Suid-Afrika het in die 12 maande tot Oktober 2018 met 50% toegeneem, het BizCommunity berig.

Meer oor:  Helen Zille  |  Max Du Preez
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.