Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zindzi se gees sal voortleef, sê Ace

Sy het sterk gestaan tydens apartheid. Sy was haar ma se kind.

So het Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, Zindzi Mandela (59) Vrydagmiddag op ’n aanlyn uitsending op die ANC se sosiale media platforms beskryf nadat sy langs haar ma, Winnie Madikizela-Mandela, te ruste gelê is in die Fourways Memorial Park.

“Ons moet nooit vergeet van die pyn wat apartheid vir Winnie, Zindzi en haar suster gebring het nie. Haar pa, Nelson Mandela, is in die tronk gegooi en haar ma is gereeld deur die apartheidsregering gemartel en weggeneem. Terwyl Nelson in die tronk was, moes Winnie en haar dogters vir hulself sorg.

“Ons is jammer vir die pyn wat julle moes deurmaak,” het Magashule gesê.

Hy sê Zindzi se gees sal voortleef in gees van ubuntu.

“Sy het groot voorspraak gemaak vir grondhervorming. Ons moet dit laat gebeur. Ons moet die grond terugneem en aan die regte eienaars teruggee,” het Magashule gesê.

Zindzi is Maandag in ’n Johannesburgse hospitaal dood.

Haar seun, Zondwa, het bevestig dat sy ma positief getoets is vir die koronavirus.

Magashule het op die uitsending bekend gemaak dat die ANC ’n aanlyn platform, www.ancmemorial.org.za, geskep het waar Suid-Afrikaners en ANC-ondersteuners huldeblyke kan lewer en vind van “ANC-helde” wat reeds dood is.

“Jy kan dokumentêre, huldeblyke en biografieë daar vind,” het Magashule gesê.

Meer oor:  Zindzi Mandela  |  Ace Magashule  |  Begrafnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.