Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zindzi troos EFF ná loesing in hof; Twitter reageer

Zindzi Mandela, dogter van oudpres. Nelson Mandela, het baie reaksie op sosiale media ontlok toe sy die EFF getroos het ná 'n hofuitspraak Vrydag teen die party.

Die saak in die hooggeregshof in Johannesburg het gevolg nadat Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, prof. Anton Harber en die joernalis Thandeka Gqubule daarvan beskuldig het dat hulle Stratcom-agente was.

Stratcom was ’n eenheid wat in die apartheidsera deur die destydse veiligheidspolisie bedryf is.

Die hof het beveel die EFF moet al die bewerings hieroor van sy sosialemediaplatforms verwyder en terugtrek, en hulle moet Harber en Gqubule  binne 24 uur op dié platforms om verskoning.

Die EFF en Ndlozi is ook gesamentlik en afsonderlik gelas om skadevergoeding van R40 000 elk aan Harber en Gqubule te betaal, asook die twee joernaliste se regskoste.

Zindzi Mandela, Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, het gereageer op 'n twiet van Harber waarin hy voor die hofuitspraak sy hoop vir ’n “oorwinning vir die waarheid” uitspreek het.

Mandela se twiet ná die hofuitspraak het gelui: “Dié oorwinning is tydelik. God/Die Heelal is aan die kant van die waarheid . . . al neem dit 20 jaar @Julius_S_Malema, @MbuyiseniNdlozi, @EEFSouthAfrica, @mandelalegacy”.

Talle mense het op Mandela se twiet reageer.

The Other View het geskryf: “Waarom kom jy nie net terug en sluit jou by die EFF aan nie? Ons skuld jou niks, jy skuld ons niks. Hou op om jouself in die ANC te martel!”

Ene Catherinne het ook van haar laat hoor: “Hi @DIRCO_ZA kan julle die ambassadeur huis toe bring? Sy wil ’n EFF-berader wees,” terwyl Francis David Durand opgemerk het: “Jy is tydelik, dankie tog.”

The Minister of Typing Affairs het aanbeveel: “Jy behoort jou openlik by die EFF aan te sluit.”

Daar was ook positiewe reaksie. Minstens drie Twitter-gebruikers het die woord “amen” getwiet, terwyl ene Mandisa laat weet het: “Ons is lief vir jou, Aunty Zindzi.”

Mandela het in Junie verlede jaar ’n storm op Twitter ontketen toe sy gesê het dat wit Suid-Afrikaners “gronddiewe, apartheidsapologete en ongenooide gaste” is wat “weier om te loop”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.