Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zokwana: Visserye gaan geoudit word

’n Forensiese ouditeur is aangestel om nie net perlemoenstropery en ander aktiwiteite te laat ondersoek nie, maar ook om leefstyloudits te doen.

Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye. Foto: Argief

Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, het Donderdag dié aankondiging op ’n mediakonferensie by die parlement gedoen waar hy groot kommer uitgespreek het oor die skaal van perlemoenstropery in die land.

Amptenare van die departement is onlangs in hegtenis geneem vir die beweerde diefstal van perlemoen en samespanning met sindikate.

“Ons glo as ons vordering wil maak met die hantering van perlemoenstropery, benodig ons nie interne deelname binne ons kantoor nie.”

Zokwana sê ook die departement sal nie meer gestroopte perlemoen ontvang, berg en versprei nie. Hy het opgemerk dat gestroopte perlemoen wat in departementele pakhuise geberg word “selfs gestroop word wanneer dit na ons pakhuise gebring word”.

“ ’n Privaat maatskappy gaan aangestel word om dit te doen. Die opbrengs sal onder meer gebruik moet word om gemeenskappe by te staan waarin stropery plaasvind.”

Die doelwit is volgens hom om te verseker dat amptenare wat gemoeid is met die monitering, beheer en bewaking “nie by die bergingsplekke rondstaan om perlemoen dop te hou nie”.

“Hulle kan eerder meer tyd daaraan bestee om seker te maak dat geen verdere perlemoenstropery plaasvind nie. Dit ontneem nie net gemeenskappe van hul reg tot dié hulpbronne nie; dit skep ook ’n situasie waar bedrog en korrupsie wortel skiet binne die stelsel,” sê hy.

Op die vraag oor of alle amptenare aan die leefstyloudits onderhewig sal wees, het Zokwana geantwoord: “As ek ’n straler besit en tog is my inkomste te min om dit te regverdig, behoort ek te verduidelik watter ander inkomste ek ontvang om dit te kan bekostig.”

Planne word ook beraam om die departement van justisie te nader om omgewingshowe te heropen waar sake met betrekking tot visserye hanteer kan word.

Hy het op verdere vrae ontken dat ’n adjunkdirekteur-generaal van die departement aangekla is van die perlemoenstropery of om handel te dryf in onwettige visserye.

Gesprekke is aan die gang met die departement van militêre veterane om seker te maak dat hulle nie net gebruik word in die stryd teen perlemoenstropery in die Wes-Kaap nie, maar ook in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Noord-Kaap. Planne word ook beraam om die departement van justisie te nader om omgewingshowe te heropen waar sake met betrekking tot visserye hanteer kan word.

Zokwana het ook die toekenning van visregte ingevolge die Kleinskaalse Visbeleid aangekondig. Dit is daarop gemik om erkenning te gee aan die gebruiksregte van tradisionele vissers en om die sosio-ekonomiese ontwikkeling van die gemeenskappe te bevorder.

Hy sê die finale lys van kleinskaalse vissers vir die Noord-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal is afgehandel. Die Wes-Kaap is egter nog uitstaande omdat die departement inligting moet nagaan wat van gemeenskappe ontvang is.

Meer oor:  Senzeni Zokwana  |  Perlemoenstropery  |  Visserye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.