Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Asbesdak-arrestasies: Omstrede Olly Mlamleli ook vas

Olly Mlamleli, uitgestemde uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro in Bloemfontein, is Woensdag in hegtenis geneem weens die beweerde korrupsie met die R255 miljoen-asbesdakkekontrak van die Vrystaatse regering.

Olly Mlamleli, uitgestemde uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro.

Die Valke het bevestig sewe mense word Woensdag in verband met die beweerde korrupsie in hegtenis geneem.

Na verneem word is reeds vyf van die sewe verdagtes aangekeer.

Netwerk24 het vertroulik verneem Mlamleli is omstreeks 10:00 by haar ampswoning in die Rosestad in hegtenis geneem.

Soos Daily Maverick vroeër berig is die sakeman Edwin Sodi onder die aangekeerdes. Sodi is oor ’n tydperk van tien jaar sowat R1 miljard vir behuisingsprojekte betaal, en hy het self glo miljoene rande betaal aan “spesiale vriende” van hom wat nou ministers en adjunkministers in die kabinet is, asook aan die ANC om met verkiesings te help, soos wat Netwerk24 Dinsdag berig het.

Netwerk24 verneem die sewe verskyn Vrydag in die hof in Bloemfontein op talle aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery, diefstal en poging tot diefstal.

Almal staan tereg op aanklagte van bedrog en geldwassery, maar nie op al die ander aanklagte nie.

Nog aanklagte kan bygevoeg word.

Mlamleli word in die Bainsvlei-polisiekantoor aangehou.

edwin sodi
Een van die verdagtes wat Woensdag in Johannesburg aangekeer is. Foto: Valke

Meer oor:  Olly Mlamleli  |  Zondo-Kommisie  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.