Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zondo beslis Donderdag oor Guptas se versoek

Adjunkhoofregter Raymond Zondo sal Donderdag sê of die Guptas, Duduzane Zuma en ander mense wat in die kommissie van ondersoek na staatskaping geïmpliseer word, getuies kan kruisondervra.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. Foto: Deaan Vivier

Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die kommissie, het Woensdag in ’n verklaring gesê die kommissie se werksaamhede is nie opgeskort soos bespiegel is nie.

“Die voorsitter sal sy bevinding oor die aansoeke om verlof om kruisondervraging Donderdag 10:00 bekend maak.”

Stemela sê sommige mediaberigte Dinsdag dat die kommissie se werk opgeskort is, is verkeerd en dat die kommissie Maandag voortgaan met die sittings.

“Verteenwoordigers van die vier groot banke, FNB, Absa, Standard Bank en Nedbank, lewer Maandag getuienis voor die kommissie oor die sluiting van die Guptas se bankrekeninge,” sê Stemela.

Stemela het bygevoeg dat Barbara Hogan, voormalige minister van staatsondernemings, steeds sal getuig.

Vytjie Mentor het voor die kommissie getuig dat die Guptas haar Hogan se pos aangebied het. Hogan sou vandeesweek getuig het, maar sal nou later getuig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.