Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zondo: Geen kommentaar oor Zuma
Oudpres. Jacob Zuma

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gaan nie kommentaar lewer oor oudpres. Jacob Zuma se uitlatings ná ’n berig dat die kommissie sy kinders ondersoek nie.

Zuma het Vrydag in ’n verklaring gesê hy het met kommer kennis geneem van ’n berig in die Sunday Times waarin beweer word dat die Zondo-kommissie sy aandag op sy kinders se bankrekeninge gevestig het.

Daar is berig dat dagvaardings gesien is met betrekking tot minstens 20 rekeninge wat aan die Zuma-familie gekoppel is, waaronder ’n TV-produksiemaatskappy – wat behoort aan een van Zuma se dogters, Gugulethu Zuma-Ncube – wat die SABC1-sepie Uzalo vervaardig.

Zuma het gesê hy “trek die streep” by enigiemand wat sy kinders gebruik om hom te ondersoek en dat “die teistering ’n oorlogsverklaring is” waarin hy met alle mag sal terugveg.

Zuma het ’n beroep op die kommissie en wetstoepassingsagentskappe gedoen om sy kinders uit die ondersoek te hou. Hy sê hy aanvaar dat die kommissie “desperaat” is om hom tot verantwoording te roep vir sy beweerde rol in staatskaping, maar hy veroordeel die pogings om jag te maak op sy kinders deur ’n “geheime ondersoek” in sake waarmee hulle niks te doen gehad het nie.

Hy het gesê dit is ontstellend dat sy kinders eers bewus geword het van die ondersoeke toe joernaliste hulle die week voor die publikasie van die berig gebel het.

Zuma het bygevoeg sy kinders was nie in die regering nie, en dat hulle nie ingesleep moet word in gevegte wat ten doel het om hom “te vernietig nie”.

Hy sê as hulle geïdentifiseer word as deel van ’n ondersoek, moet hulle op dieselfde manier in kennis gestel word as ander wat geïmpliseer word en moet dieselfde regte kry.

Eerw. Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die Zondo-kommissie, het by navraag gesê hy het geen kommentaar te lewer nie.

“Die kommissie het niks te sê oor die verklaring van die oudpresident oor sy kinders se bankrekeninge nie. As daar iets te sê is, sal die media in kennis gestel word,” het hy Saterdag gesê.

Meer oor:  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie  |  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.