Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Molefe en die rugsak vol R200-note

Tasse wat oorhandig word, hoëlui wat die Gupta-huis in Saxonwold, Johannesburg, gereeld besoek het en pakke R200-note wat in motors versteek word, is van die getuienis Donderdagmiddag deur twee persoonlike veiligheidsbeamptes wat onder andere vir Malusi Gigaba, 'n voormalige minister van finansies, rondgery het.

Die derde van die drie persoonlike veiligheidswagte wat Donderdag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig het, het gesê hy het Gigaba tussen Julie en Desember 2013 ses of sewe keer na Saxonwold geneem – ses keer in ’n tweede ondersteuningsvoertuig as deel van Gigaba se veiligheidspan en die sewende keer het hy self met Gigaba gery.

Die keer toe hy self met Gigaba gery het, het Gigaba gesê hy moet dit nie in sy aantekeningboek aanteken nie.

Die getuie het gesê van die bekende mense wat hy by Saxonwold gesien het, is Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Transnet, Matshela Koko, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, en Ben Ngubane, voormalige voorsitter van die Eskom-direksie.

Die konvooi van oudpres. Jacob Zuma het ook een keer die huis verlaat toe hulle daar aankom.

Die getuie het beweer Gigaba het soms groot hoeveelhede kontant by hom gehad. Hy het by een geleentheid die kattebak van die motor oopgemaak om geld uit te haal vir kos vir die motorbestuurders. Daar was ’n bondel R200-note in ’n sportsak en die sak was kwart vol. Hy weet nie hoe die geld in Gigaba se motor beland het nie.

Gigaba het kontant gebruik om vir sy pakke klere te betaal, het Getuie 3 getuig.

Hy was ook die bestuurder vir Anoj Singh, finansiële hoof van Transnet en Eskom, en hy het hom meer as tien keer na die Gupta-woning geneem. Singh het die meeste van die kere met ’n sak in die hand uit die Gupta-woning gekom.

In een geval het hy die sak oopgemaak om vir Getuie 3 geld te gee vir middagete. Die getuie het toe ’n klomp R100- en R200-note in die sak gesien.

Getuie 3 het getuig hy het Singh ná sowat ses of sewe van dié besoeke aan die Gupta-woning na Knox Vault, ’n plek waar artikels in veilige bewaring gehou word, geneem. Singh sou met ’n vol sak by die plek ingaan en wanneer hy uitkom, sou die sak leeg gelyk het.

Ná een besoek het Singh ontsteld gelyk toe hy uitkom. Toe hy in die motor geklim het, het hy gesê: “F*ck this thing”.

Getuie 2 het op sy beurt getuig hy was die persoonlike veiligheidswag vir Siyabonga Gama, voormalige uitvoerende hoof van Transnet.

Hy het Gama drie keer na Saxonwold geneem.

Hy het ook genoem hy het kontant in verskillende voertuie van Gama gesien. In die een geval was daar R200-note in die spaarwiel-kompartement en ’n ander keer was daar R200-note in ’n rooi noodhulpkassie.

Meer oor:  Zondo-Kommissie  |  Malusi Gigaba  |  Brian Molefe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.