Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zondo hou nou 2 sittings per dag

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gaan voortaan ook sittings in die aand hê.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, wat die kommissie lei, het Woensdagoggend gesê die kommissie is onder druk vir tyd en daarom is daar besluit om ook sittings te hê wat teen 17:00 sal begin en deur die aand kan aanhou.

Die eerste hiervan is wanneer regter Tintswalo Makhubele Woensdag moet getuig oor haar betrokkenheid by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika toe sy in 2017 direksievoorsitter was.

Regter Tintswalo Makhubele Maandag voor die Zondo-kommissie. Foto: Skermgreep

Makhubele moes op 24 Julie getuig, maar het nie opgedaag nie waarna Zondo ’n bevel uitgereik het dat sy Maandag daar moes wees. Sy het toe vergeefs gepoog dat haar getuienis tot September toe uitgestel word en Zondo het ’n beslissing gemaak dat sy die eerste persoon sal wees wat in die nuwe aandtydgleuf moet getuig.

Zondo het vroeër Woensdag die getuienis van Nthimotse Mokhesi, voormalige hoof van menslike nedersettings in die Vrystaatse regering, uitgestel.

Mokhesi was by die sitting, maar het gevra vir uitstel om die kwessie van sy regsverteenwoordiging op te los.

Mokhesi kan volgens ’n onlangse verslag van adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, strafregtelik ondersoek word vir sy aandeel in die verkrygingsproses van die omstrede Vrystaatse asbeskontrak wat spruit uit die tydperk toe Ace Magashule die premier van dié provinsie was.

Daar word aangevoer dat die kontrak van R255 miljoen om die asbesdakke in ’n woonbuurt van Mangaung te ondersoek vir die moontlike vervanging daarvan belastingbetalers R255 miljoen gekos het. Daar is na bewering skaars ’n tiende van die werk gedoen.

Mokhesi moet oor dié kontrak getuig.

Mokhesi se tydelike regsverteenwoordiger, adv. G.V.R. Fouché, het Woensdagoggend in die aansoek vir die uitstel van sy getuienis gesê Mokhesi is teenwoordig en hardloop nie weg nie.

Hy is tot nou toe deur regsverteenwoordigers wat deur die Vrystaatse regering aangestel is, verteenwoordig, maar het op 20 Julie ’n kennisgewing gekry dat dit nie verder gaan gebeur nie en dat hy voortaan sy eie regsverteenwoordiging moet kry.

Adv. Mike Hellens het hom verteenwoordig en hy wil hê dat Hellens daarmee voortgaan. Om sake te kompliseer is Hellens sowat sewe tot tien dae gelede positief vir die koronavirus getoets. Daar is gevra vir ’n uitstel van twee weke indien Hellens nie meer aan boord wil wees nie en Mokhesi nuwe regsverteenwoordigers moet aanstel.

Zondo het die uitstel goedgekeur.

Meer oor:  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.