Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zondo kan hoogste hof nader oor Zuma

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gaan moontlik die konstitusionele hof nader om oudpres. Jacob Zuma te dwing om vrae daar te beantwoord, volgens ’n brief wat sy prokureur sê hy ontvang het.

Zuma moet van 16 tot 20 November voor die kommissie verskyn.

Hy het in Julie 2019 verskyn, maar pogings daarna om hom te laat terugkeer, was onsuksesvol.

Eric Mabuza, Zuma se prokureur, sê hy het ’n brief gekry waarin die kommissie vra of Zuma die sessie sal bywoon of nie.

“Hulle het gesê as ons nie (antwoord nie), sal hulle na die konstitusionele hof gaan,” het Mabuza Woensdag gesê.

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Argief

’n Dagvaarding vir Zuma se verskyning voor die kommissie is in Oktober uitgereik.

Mabuza het gesê hy weet nog nie op watter gronde die saak vir oorweging voor die regters van die konstitusionele hof gebring kan word nie.

Die jongste verwikkelinge kom nadat Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL-direksie, Woensdag aanlyn verskyn het.

Sy het gesê sy wil nie vrae te beantwoord nie, omdat sy nie haarself wil inkrimineer nie.

Haar antwoorde Woensdag was ’n herhaling van ’n standaard antwoord dat sy nie gaan antwoord nie.

Raymond Zondo is as die adjunkhoofregter gewoonlik by die konstitusionele hof gebaseer en is destyds deur hoofregter Mogoeng Mogoen as voorsitter van die kommissie aangestel.

Zuma het die ondersoek aangevra op aanbeveling van Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer.

Hulle het gesê as ons nie (antwoord nie), sal hulle na die konstitusionele hof gaan
Eric Mabuza, Zuma se prokureur

Gewoonlik sou hy ook die voorsittende beampte kies, maar weens die aantygings waarby hy betrek is, het Madonsela dit goedgedink om die hoofregter aan te sê om ’n voorsittende beampte aan te wys.

Zuma se prokureur het reeds aangedui hy sal dalk ’n aansoek bring dat Zondo hom aan die kommissie onttrek weens die familiegeskiedenis tussen hom en Zuma.

In aanloop tot dié moontlike aansoek het Zondo onlangs sy stilswye verbreek en verduidelik hy het sowat 25 jaar gelede ’n kind saam met Zuma se skoonsuster gehad, lank voordat Zuma met Thobeka Madiba, die kind se tante, getroud is.

Zuma is gevra om voor die kommissie te verskyn sodat hy getuienis kan lewer voor die kommissie en ondervra kan word oor sekere kwessies wat verband hou met die kommissie se ondersoeke.

Prof. Itumeleng Mosala, sekretaris van die kommissie, het gesê hy kan nie kommentaar lewer op die korrespondensie nie.

Eerw. Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die kommissie, is om kommentaar genader. Dit sal bygewerk word sodra hy reageer.

Meer oor:  Zondo-Kommissie  |  Jacob Zuma  |  Raymond Zondo  |  Vrae  |  Staatskaping  |  Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.