Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zondo-kommissie kry nóg 3 maande om sy werk te doen

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping is Dinsdag ’n bykomende drie maande gegun om sy werk af te handel.

Dit volg nadat adjunkhoofregter Raymond Zondo, kommissieleier, ’n dringende aansoek gebring het wat deur regter Nomonde Mngqibisa-Thusi in die hooggeregshof in Pretoria toegestaan is.

Sy aansoek is Dinsdag nie teengestaan nie.

In ’n beëdigde verklaring, wat by die aansoek aangeheg is, sê Zondo dit is van openbare belang dat die kommissie genoeg tyd gegun word om sy ondersoek af te handel.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo Foto: Argief

Hy wys ook verder daarop dat hy sedert die hof verlede jaar ’n finale verlenging toegestaan het, reeds baie gedoen het om die ondersoek af te handel.

Volgens Zondo het die kommissie reeds begin om van die getuienis wat gelewer is op te som.

Daar is wel nog getuienisse wat aangehoor moet word in verband met, onder meer, Eskom, Transnet en die openbare uitsaaier, SAUK.

Die aansoek maak nie melding van die bittere hofstryd waarin die kommissie met oudpres. Jacob Zuma gewikkel is om hom sover te kry om te getuig nie.

Netwerk24 het Maandag berig oor ’n dringende aansoek wat die kommissie by die konstitusionele hof ingedien het.

Oudpres. Jacob Zuma Foto: Felix Dlanagamandla

Die kommissie vra dat Zuma twee jaar tronkstraf opgelê word as straf weens minagting van dié hof se vroeëre bevel dat hy voor die kommissie móét getuig.

Regter Wendy Hughes het in Februarie verlede jaar ’n finale bykomende 13 maande toegestaan aan die kommissie.

Dit sou tot gevolg gehad het dat die kommissie teen einde Maart vanjaar moes klaar wees met al sy ondersoeke.

Die kommissie sal nou sy werk teen einde Junie moet afhandel.

Meer oor:  Staatskaping  |  3 Maande  |  Bedrog  |  Politiek  |  Zondo-Kommissie  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.