Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zondo-kommissie vra 2 j. tronkstraf vir Zuma
Die Zondo-kommissie het die konstitusionele hof Maandag gevra om oudpres. Jacob Zuma aan minagting van die hof skuldig te bevind en tronk toe te stuur. Foto: Janice Whitelaw

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping vra dat oudpres. Jacob Zuma weens minagting van die hof twee jaar tronkstraf opgelê word.

Mbuyiselo Stemela, die kommissie se woordvoerder, het Maandagmiddag bevestig dat hy aansoek by die konstitusionele hof gedoen het dat Zuma skuldig bevind en tronk toe gestuur word.

“Dit is nog nie seker wanneer die hof die aansoek sal aanhoor nie. Ons sal moet wag en sien,” het Stemela aan Netwerk24 gesê.

Zuma het op 15 Februarie ’n bevel van die konstitusionele hof geïgnoreer deur nie by ’n sitting van die kommissie op te daag nie. Hy was veronderstel om van 15 tot 19 Februarie voor die kommissie te getuig.

Meer oor:  Zondo-Kommissie  |  Jacob Zuma  |  Tronkstraf  |  Ondersoek  |  Minagting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.