Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zondo kyk na oudits vir SAL

Die rol wat die ouditfirmas PwC en Nkonki Inc. gespeel het om jare lank skoon oudits aan die Suid-Afrikaanse Lugdien (SAL) te gee, word nou deur die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping ondersoek.

Polani Sokombela, ’n rekenmeester in die kantoor van die OG, getuig voor die kommissie. Foto: Skermgreep

Getuienis oor die rol van die ouditeur-generaal (OG) en eksterne ouditfirmas by die SAL het Donderdag begin en sal Vrydag voortgaan.

Adv. Kate Hofmeyr, getuienisleier van die kommissie, het gesê PwC en Nkonki het van 2012 tot 2016 skoon oudits vir die SAL gegee. Daarna het die OG ingekom om die oudits te doen en besef die SAL se boeke is in chaos.

Polani Sokombela, ’n rekenmeester in die kantoor van die OG, het getuig PwC en Nkonki is vir die 2011-’12-boekjaar aangestel om die SAL se boeke te oudit. Hierna het PwC en Nkonki sonder ’n behoorlike tenderprosedure vir nog vier jaar die kontrak gekry om die SAL se boeke te oudit.

Hofmeyr het aangevoer dit kom neer op onreëlmatige uitgawes en is nie in die SAL se boeke aangeteken nie.

Die kwessie wat die kommissie ondersoek, is hoe PwC en Nkonki skoon oudits kon gee aan die SAL tot die OG ingegryp het.

Adv. Michael Mbikiwa, wat Sokombela se getuienis gelei het, het aan hom gevra hoe dit gebeur het dat die OG die oudits van die SAL oorgeneem het.

Sokombela het geantwoord dat die destydse minister van finansies, Nhanhla Nene, versoek het dat die OG die oudit van SAL vir die 2015-’16-boekjaar moet oorneem nadat Nkonki probeer het om alleen-ouditeure van die SAL te word.

Sokombela het getuig daar is ’n risiko-ontleding gedoen en die OG het besluit die oudit kan nie vir die 2015-’16-boekjaar teruggeneem word nie, maar wel vir die 2016-’17-boekjaar.

Dit is met die OG se oudit dat daar besef is die SAL het grootskaalse skuld aan verskeie banke, maar dat hy dit nie kan delg nie - dít terwyl die SAL vir jare skoon oudits gekry het.

Sokombela getuig Vrydag verder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.