Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Zondo móét teen Zuma optree’

Nog twee organisasies het oudpres. Jacob Zuma se optrede by die Zondo-kommissie veroordeel en sê daar moet teen hom opgetree word.

Zuma het Donderdag die kommissie, wat bewerings van staatskaping ondersoek, verlaat sonder toestemming en sonder om getuienis te lewer.

Die organisasie Freedom Under Law (FUL) sê dit was “berekende verset teen die kommissie en opsetlike minagting van die oppergesag van die reg”. Die organisasie sê in ’n mediaverklaring niemand is bo die wet verhewe nie, “nie eens ’n voormalige president nie”.

 Jacob Zuma
Oudpres. Jacob Zuma Donderdag by die sitting van die Zondo-kommissie in die Ou Raadsaal in Braamfontein, Johannesburg. Foto: Melinda Stuurman
Adjunkhoofregter Raymond Zondo op Donderdag se sitting. Foto: Skermgreep

Volgens Nicole Fritz, uitvoerende hoof van FUL, wys Zuma se optrede duidelik die aansoek wat hy vir Zondo se onttrekking aan die kommissie gedoen het, was net vir die skyn.

“Hy was nooit van plan om getuienis te lewer nie, en die betoog namens hom was sonder meriete.

“Die voormalige president is gedagvaar om getuienis te lewer en hy het blatant geweier om dit te doen,” sê Fritz.

Die Ahmed Kathrada-stigting sê die reg moet sy loop neem.

“Wanneer iemand ’n dagvaarding verontagsaam, loop hulle die risiko om beboet en/of in hegtenis geneem te word. Die strafregstelsel moet optree om oppergesag van die reg te handhaaf,” sê Neeshan Balton, uitvoerende direkteur van die stigting.

Balton sê in ’n verklaring die kommissie moet optree teen Zuma omdat dit ’n negatiewe presedent skep vir ander getuies wat nog voor die kommissie moet verskyn.

Die Jacob Zuma-stigting het Zuma se optrede geprys en gesê die oudpresident sal eerder tronk toe gaan as om deur die kommissie “geboelie” te word.

Die kommissie het nog nie gesê of en hoe hy teen Zuma gaan optree nie.

Meer oor:  Ray Zondo  |  Zondo-Kommissie  |  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.