Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zondo nie siek, Mthembu sou voor kommissie getuig

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, toon geen simptome van Covid-19 nie.

Hy sal volgende week terug wees op sy pos, het die kommissie Vrydagmiddag in ’n verklaring gesê.

Zondo is sedert verlede Vrydag onder kwarantyn nadat hy in aanraking was met iemand wat positief getoets is vir die virus.

“Die kommissie is dankbaar om die publiek in te lig dat die voorsitter goeie gesondheid geniet en geen simptome wat met die virus geassosieer word, toon nie.

“Hy is in isolasie besig met kommissie-werksaamhede en sal terug wees by die werk wanneer die kommissie volgende week sy sittings hervat. Die voorsitter se kwarantyntydperk sal dan verby wees.”

Adjunkhoofregter Raymond Zondo

Die kommissie het ook bekend gemaak Jackson Mthembu, minister in die presidensie wat Donderdag aan Covid-19 dood is, sou in die volgende paar weke voor die kommissie getuig het oor die tydperk toe hy die ANC se hoofsweep in die parlement was.

Zondo het sy skok oor Mthembu, wat ’n groot ondersteuner van die kommissie se werksaamhede was, se dood uitgespreek. Hy het ook sy medelye met die minister se gesin betuig.

“Die voorsitter (Zondo) spreek sy spyt uit dat die kommissie in die lig van mnr. Mthembu se dood sy werksaamhede sal moet voltooi sonder die voordeel van die getuienis wat hy sou lewer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.