Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zondo omgekrap oor Gordhan se afwesigheid

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het ’n aansoek deur Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, om nie Woensdag gekruisondervra te word nie, goedgekeur.

Maar Zondo sê hy is nie gelukkig daaroor nie.

Gordhan was nie self by die sitting in die Ou Raadsaal in Johannesburg nie en het ’n staatsprokureur gestuur om namens hom aansoek te doen vir uitstel dat hy deur Tom Moyane, afgedankte kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, gekruisondervra word.

Pravin Gordhan. Foto: Gallo Images

Gordhan het gevra dat hy op 31 Augustus voor die kommissie kan verskyn vir die ondervraging en het in sy aansoek genoem dat hy besig is met verpligtinge van die kabinet.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. Foto: Skermgreep

Zondo het hierop gesê Gordhan se aansoek sê net hy is nie beskikbaar nie weens die verpligtinge, maar dit sê nie watter verpligtinge nie.

“Die verskoning van slegs kabinetsverpligtinge is nie goed genoeg nie. Dit kan nie belangriker wees as om voor die kommissie te verskyn nie. Die kommissie het ’n baie beperkte tyd om sy werk te doen. As almal sê hulle het werkverpligtinge en kan nie op die dag kom nie, gaan die kommissie nie sy werk klaarmaak nie,” sê Zondo.

Hy het gesê dat pres. Cyril Ramaphosa gesê het indien enige minister benodig word om voor die kommissie te getuig, moet hulle saamwerk.

“Daar is net te veel gevalle van mense wat nie opdaag nie,” volgens Zondo.

Hy het gesê hy gaan nie die getuienis uitstel tot 31 Augustus volgens Gordhan se aansoek nie. Hy sal dit uitstel tot ’n datum wat vir die kommissie werk.

“Daar moet seker gemaak word dat die minister daar is op die datum wat bepaal word. Daar is slegs ’n paar maande oor voor die einde van die kommissie so al die dae moet behoorlik gebruik word,” het Zondo gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.