Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zondo ondersoek glo ANC-hoës in Klerksdorp

Die Zondo-kommissie ondersoek glo bewerings van grootskeepse korrupsie en bedrog by die Matlosana-munisipaliteit in die Klerksdorp-omgewing.

ANC-hoës word volgens Tonie Meiring van die Onafhanklike Belastingbetalersvereniging van Suid-Afrika (Irasa), hierby betrek. Meiring is Irasa se verteenwoordiger in die Matlosana-munisipaliteit wat Klerksdorp, Orkney, Stilfontein en Hartebeesfontein bedien.

Meiring het Donderdag gesê sy twee voorleggings aan die kommissie wat saam sowat 700 bladsye beslaan, is aanvaar. Hy het ’n saaknommer daarvoor verskaf en sê inspekteurs van die Zondo-kommissie gaan hom binnekort besoek om die inhoud van sy voorleggings te bespreek.

Volgens Meiring het hy inligting en dokumentasie van sover terug as 2009 verskaf, wat op bedrog en korrupsie van honderdmiljoene rande dui.

“Van die inligting kom uit ’n forensiese ondersoek wat Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes, vóór 2015 na sake by die Matlosana-munisipaliteit laat doen het. Die verslag oor die ondersoek was polities en strafregtelik verdoemend, maar dit het stil-stil verdwyn. Ek kon dit egter in die hande kry.”

“Irasa gaan bo en behalwe die voorlegging aan die Zondo-kommissie, ook voort met ondersoeke na ander sake van korrupsie en wanadministrasie. Ons het nou meer inligting ontvang van sake wat doelbewus versteek is om sekere individue te probeer beskerm. Daar is ’n uitstekende werksverhouding tussen Irasa en staatstrukture. Dit word waardeer en sal verder uitgebou word.”

Volgens Meiring het Irasa ’n “oop uitnodiging gerig vir inligting oor wanpraktyke, maar niks is van enige politieke party ontvang nie.

“Hulle het geen poging aangewend om korrupsie by staatstrukture aan te meld nie”.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het nie Dinsdag sy selfoon beantwoord of op ’n boodskap gereageer nie. Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die Zondo-kommissie, kon ook nie vir kommentaar bereik word nie.

Die Matlosana-munisipaliteit kon nie dadelik sê of hulle bewus is van die ondersoek nie.

Meer oor:  Supra Mahumapelo  |  Klerksdorp  |  Zondo-Kommissie  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.