Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zondo: Soeklig op Eskom

Die soeklig val Donderdag skerp op Eskom wanneer die regspan van die staatskapingkommissie dokumente met betrekking tot die kragverskaffer op rekord plaas.

Hoofregter Raymond Zondo
Hoofregter Raymond Zondo

Adv. Vincent Maleka SC het Woensdag aan die kommissievoorsitter, adj.hoofregter Raymond Zondo, gesê dat die bewysstukke wat voor hom geplaas gaan word, Eskom se verhouding met The New Age-koerant sal verduidelik.

Maleka het verwys na die Sizwe Ntsaluba Gobodo-ondersoek na ’n kontrak van drie jaar wat aan The New Age toegeken is in 2014 om te probeer vasstel of die korrekte verskaffingsketting-bestuursprosesse gevolg is.

Dit blyk dat Eskom se kontrak met The New Age te doen het met ’n borgskap en nié belegging soos vroeër op gesinspeel is nie.

Daar word beweer dat ’n voormalige tussentydse uitvoerende hoof van Eskom, Collin Matjila, ’n kernrol gespeel het om die ooreenkoms van R43 miljoen met die koerant te beklink om sakeontbytgeleenthede te borg.

Die kommissie se regspan het gesê hulle sal verskeie verslae aanbied, onder meer ’n inligtingsverslag van die portefeuljekomitee oor opbenbare ondernemings oor staatskaping by Eskom, asook ’n verslag van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa).

Maleka het dit egter duidelik gemaak dat die verslag van Outa nie ’n ondersoek is nie, maar ’n meningstuk.

Die Denton-verslag, waarin die stand van sake by Eskom ondersoek is, sal ook aangebied word.

Die Eskomraad van 2015 het die regsfirma Denton aangestel om ’n feitesending te onderneem om vas te stel wat die uitdagings by Eskom is, veral rondom beurtkrag.

Meer oor:  Zondo-Kommissie  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.