Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zondo: Valke ondersoek klag oor belangrike getuie

Die Valke het Dinsdagmiddag bevestig dié eenheid ondersoek ’n klag van ’n oortreding van die Kommissiewet teen “ ’n belangrike getuie voor die Zondo-kommissie”.

Lt.kol. Philane Nkwalase, Valke-woordvoerder, wou nie sê teen wie die saak ondersoek word nie, maar dit is bekend dat oudpres. Jacob Zuma tot groot ontsteltenis van adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die Zondo-kommissie, verlede jaar sonder toestemming ’n sitting van die kommissie verlaat het.

’n Klag is deur die kommissie by die Hillbrow-polisiekantoor in Johannesburg ingedien en die saak is na die Valke verwys vir verdere ondersoek, sê Nkwalase.

Hy sê die “persoon van belang” is nog nie aangekla nie en het ook nog nie in die hof verskyn nie.

“Uit beginsel en uit respek vir die oppergesag van die reg kan ons nie enige verdere kommentaar lewer nie. Ons wil ook nie die naam noem van die persoon wat ondersoek word nie.”

Hou Netwerk24 dop vir meer verdere inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.