Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma besoek Kaunda in Lusaka
Pres Jacob Zuma het Saterdag besoek gebring aan dr. Kenneth Kaunda, oudpresident van Zambië. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het Saterdag vir dr. Kenneth Kaunda, voormalige president van Zambië, by sy huis in Lusaka besoek nadat dié onlangs uit die hospitaal ontslaan is.

Die presidensie sê in ’n verklaring Kaunda (93) was in ’n goeie luim.

Zuma het sy ou vriend goeie gesondheid en “nog baie jare van rustige en genotvolle aftrede” toegewens.

Die Suid-Afrikaanse president het na Kaunda verwys as ’n “onselfsugtige vryheidsvegter en humanis wat Zambië die tuiste van duisende Suid-Afrikaanse uitgewekenes gemaak het tydens die stryd teen apartheid”.

Luidens die verklaring was Zuma op ’n werksbesoek aan Zambië waar hy die 91ste landbou- en kommersiële skou as eregas op uitnodiging van die land se huidige president, Edgar Lunga, sal open.

Die tema van die skou is “Die bevordering van ’n groen ekonomie”.

Kaunda is in Julie in die University Teaching Hospital (UTH) in Lusaka opgeneem vir “geringe klagtes” en ’n “algemene ondersoek”.

Kort daarna het gerugte van sy dood egter kop uitgesteek en die Zambiese regering moes inderhaas vure doodslaan.

Hy is ’n paar dae later, in die laaste week van Julie, ontslaan.

Kaunda is bekend as die land se “onafhanklikheidsleier” nadat hy Zambië van onder Britse beheer na onafhanklikheid gelei het.

Hy was van 1964 tot 1991 president.

Meer oor:  Edgar Lunga  |  Jacob Zuma  |  Kenneth Kaunda  |  Lusaka  |  Siek  |  Herstel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.